Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2339 resensies.
"Die dorpie is 'n goeie oornagbestemming op jou reis Kaap toe en die mense doen moeite om hul dorpie skoon en mooi te maak. "
"It's a big sky country, a place of quiet and natural beauty. What a lovely escape Nieu-Bethesda is!"
"The locals are welcoming and always willing to engage in conversation."
"Dis 'n heerlike bestemming om deel te maak van enige reis. Ek sou ten minste twee aande bly om jouself kans te gee om na die Mannetjie Roux museum te gaan en ook van die erfenis te beleef. Die brosjures sê dat die gebied in September in blomme onthul is, wat verseker die moeite werd sal wees om te beleef."
"Die omgewing is aangrypend vir 'n Gautengse stedeling en roep baie herinneringe van toeka se tyd op!"
"Apparently the actual halfway point between Cape Town and Johannesburg which makes sense as a stop over if driving. Hanover itself, however, does not have much to offer, unless you can land yourself on a lovely farm, of which there are plenty."
"Ons het nie te lank in Victoria-Wes gebly om 'n goeie objektiewe skryfstuk te gee oor die area nie. Ek kan wel noem dat dit baie plattelands is."
"Probeer gerus aandete by die Hotel. Dit is onder nuwe bestuur en die kos is heerlik en die hotel is pragtig gerestoureer. "
"Maak seker om 'n draai by die boekwinkel te maak, dis die moeite werd. "
"Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense. "
"Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien."
"Jammer dat ons nie by aankoms of vertrek die Richhmond Book Town Headquarters kon oop vind nie."
"Die waardering vir die geskiedenis en mooi geboue sal ek beslis aanbeveel. Ons het vanaf Victoria-Wes na Loxton gery - die mooiste kerk, die Rooi Granaat en Deon Meyer se huis. Daarna het ons deur Carnavon gery en die afdraai na die SKA geneem om na die satelliete te gaan kyk (besig met padwerke op die oomblik)."
"Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet."