Geverifieerde Resensie
Velddrif
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Velddrif bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 412 resensies.
"Lieflike kusdorpie. Gaan eet gerus by Soverby tussen Velddrif en Dwarskersbos."
"Port Owen is 'n paradys. En 'n baie netjiese plek. Ek en Abe sal self as die Here wil daar kom aftree."
"Velddrif en Laaiplek is van my lieflingplekke met die lekkerste seekosse denkbaar. Lekker eetplekkies en ook naby Paternoster, St Helenebaai, Langebaan, Saldanah, ens. Baie om te doen. Great bestemming!"
"Lyk na 'n lekker plekkie om vir 'n paar dae te gaan ontspan en batterye te herlaai."
"Pragtige dorpie met alles binne jou bereik. Sal dit definitief weer en weer besoek."
"Dit was so lekker, rustig, almal is vriendelik en hul OK was goedkoper as wat ek in die Kaap sou betaal!"
"Ons gaan baie na Port Owen toe. Ek dink dit is 'n wonderlike plek om weg te breek vir 'n naweek. 'n Mens kan regtig daar lekker rus en ontspan. Oor die algemeen is die mense daar ook baie vriendelik. My hele gesin hou van die plek."
"Velddrif is redelik interessant met die Vissery Museum, asook Bokkomlaan met die bootritte, Dit is ook naby ander Weskus-aantreklikhede. Goeie eetplekke."
"It would've been nice if there was more things to do. We were disappointed that we could not see the salt making process, as Cerebos no longer do tours. I would also not recommend that you stay over on a Monday, as everything is closed on Mondays. "
"Port Owen is nie te ver uit die stad nie, maar tog weg van al die stadsgeraas."
"Pragtige skoon dorpie en laat 'n mens dink aan Walvisbaai. Vriendelike mense met die lekkerste en varste seekos. "
"Geweldig beïndruk met Velddrif. Velddrif is ongerep, die mense sout-van-die-aarde, lieflike mense. Nie kommersieel soos omringende dorpies nie. Bokkomlaan met die stofstraat regs langs die vlei bekorend met o.a. die interessante winkel, Ek en Djy Vissery asook Flamingo Trading Post waar ons heerlike vars engelvis oor die kole gebraai en geniet het asook die gashere Mark en Petra. Ek het onmiddellik begin uitkyk vir eiendom."
"Aangename en rustige plek om te ontspan. Moet net bereid wees om die wind en die weer te vat soos dit kom."