Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.
"Dis 'n lekker bestemming vir families maar jy moet alles wat jy gaan nodig kry saam vat. Geen winkels beskikbaar nie."
"Klawer is een van my gunsteling plekke. Ek kuier al die afgelope 11jaar gereeld in Klawer. Ek sal baie beslis weer by Lemoenkloof kuier."
"A place to go to when you want to relax and get peace of mind. St Helena Bay is a nice getaway experience."
"Apart from the stories about unrests/protests before we arrived (as we've been told about and read in the local newspaper), St Helena Bay is a lovely destination for a relaxing visit!"
"Pragtige, stil klein dorpie en die ideale vakansie bestemming vir iemand wat net wil wegbreek van die stad se gewoel."
"Velddrif is soos 'n ongeslypte diamant; die plek het baie potensiaal! Ons sou graag wou hê dat die toeriste-aantreklikhede meer ontwikkel en bemark sou word, maar dit gesê, sou dit verkeerd wees as die plek te veel kommersieël word. Die voëlkyk rondom die dorp is fantasties, en dit sou wonderlik wees om miskien een of twee skuilings (bird hides) te hê vanwaar mens dit kan besigtig. Die sout en vis industrie moet miskien 'n bietjie meer bemark word. Afgesien daarvan, heers daar 'n rustieke, plat-op-die-aarde atmosfeer, wat baie Weskus dorpe al verloor het!"
"Heerlik gekuier by Elandsbaai Hotel - "local is lekker". Die Elandsbaai omgewing bied baie vir die natuurliefhebber."
"Ek is 'n oud-Doringbaaier en dis altyd 'n tuiskoms! Dis 'n verruklike klein Weskus-dorpie wat nooit sy bekoring sal verloor nie!"
"Ons hou baie van die omgewing en kom jare lank redelik gereeld op Lambertsbaai. Dit is deesdae net jammer van al die bedelaars en jong kinders wat goed probeer verkoop."
"Die strande was so stil, dit voel of dit privaat strande is. Ons gesin het veilig gevoel en on het die hotel se kos ook baie geniet."
"Dit was perfek vir totale ontspanning en rus vir die siel."
"Gasvrye, vriendelike mense, rustige en mooi omgewing, veral blommekyktyd Augustus en September."