Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6547 reviews.
"Ons het Namakwaland se blomme kom bewonder. Klawer was binne trefafstand van Nieuwoudtville wat, wat my betref bo aan die lys vir blomme staan."
"'n Mens moet weet waarheen om te gaan. Die weer speel ook nie altyd saam nie, dus hou 'n mens altyd 'n Plan B in jou kop. Ons wou gaan blomme kyk, maar as dit bewolk, mistig, koud of reënerig is, kruip die blomme weg. So het ons op die lieflike Strandfontein in 'n pragtige restaurant gaan koffie drink en op die piepklein Doringbaai afgekom waar daar sowaar 'n vuurtoring was!"
"Die blomme was 'n absolute fees hierdie jaar. Definitief die moeite werd om te sien."
"Before visiting Doringbaai make sure you have filled up your tank at the last station. Buy food and all you need. Very relaxing and friendly."
"Fantastiese area om te ontspan. Ons het pragtige blomme gesien in die Biedouwvallei en heerlike wyn ook geproe. Die Weskus is een van die juwele in ons land."
"Die blomme in die Weskus Nasionale Park was van die mooiste wat ek in jare in die area beleef het."