Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.
"Die Spar, binne loopafstand, was netjies en skoon met letterlik als wat mens benodig. Mense is vriendelik. Baie beslis 'n pluspunt. En die algehele gevoel van rustigheid!"
"Het 'n paar dinge om te sien, Malgaseiland. Goeie viskos-eetplekke. Blommeprag. Langste trein met steenkool ooit."
"It's near the Bokkom Laan. River full of flamingos. There is also 2 little restaurants. Beautiful view."
"Dis my grootworddorp en mens kan nie anders as om te rus en rustig te wees wanneer jy die Weskus besoek nie."
"Pragtige natuurskoon. So oulik om patryse en muishonde tussen huise te sien. Pragtige strande."
"Dit was effe steurend van die hoeveelheid mense wat bedel en goed aan jou wou afsmeer sodra mens uit die kar klim of sit en eet by 'n restaurant. Daar is die oulikste eetplekke met die heerlikste kosse."
"Yzerfontein is uitstekende plek, pragtige strandfront. Pragtige en rustige dorpie, vakansieatmosfeer."
"Ons was teleurgesteld in die restaurante se spyskaarte wat nie regtig vars seekos bedien het nie."
"Ons het mooi blomme daar gekry en het die dorp net vlugtig besoek. Het gedink die dorp lyk baie verwaarloos."
"Ons is verlief op Paternoster. Ek het in die weskus groot geword en dit bring my terug na my kinderdae."
"In die blommeseisoen is dit net mooi bereikbaar vanaf die Kaap vir 'n eerste oornag. Ook naby die ongelooflik mooi Sederberge."
"Ons het gaan blommekyk in Nieuwoudtville, maar ek het nie besef dis so ver van Doringbaai nie, (moet leer kaartlees). Die pad is goed en baie mooi, soveel verskillende landskappe. Beste van 2 wêrelde gehad, beste see-uitsig en mooiste blomme al die pad."
"Unfortunately Lamberts Bay was already going backwards before Covid, now there are only 2 worthwhile visits. The bird sanctuary and Muisbosskerm."