Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6547 resensies.
"Paternoster is ‘n fantastiese bestemming! Daar is so baie om te doen, met Tietiesbaai net om die draai. Vele restaurante om van te kies en die mooiste sundowner-bestemming. "
"Ons geniet dit altyd om blomme te kom besigtig, veral na goeie reën. Die blomme was in 2020 van die beste wat ons in baie jare gesien het. Die blomme net buite Lambertsbaai op pad na Paternoster was ook pragtig."
"Vanjaar is 'n besondere goeie jaar vir blomme. 'n Bonus in die ontwrigtende Covid-19 jaar."
"Mooi en skoon Weskusdorp wat jou verwagtinge sal oortref. Mooi blomme gesien op sypaadjies en tussen erwe tydens Weskus-lente. "
"Strandfontein is 'n rustige, klein kusdorpie. Weens ongure weersomstandighede met ons besoek kon ons nie die dorpie ten volle verken nie, maar het ons dit geniet. "
"Die Weskus is een van die juwele van Suid-Afrika. Dit is baie besonders en uniek."
"Wanneer ons die geleentheid kry, dan bespreek ons 'n naweek op dié kusdorpie."
"Die engel het al sy juwele oor die Weskus uitgestrooi. Van die berge tot die see en die die natuurreservate bied die Weskus iets aan vir elke smaak."
"Only down side is it's weather dependent (we went to view flowers and had a bit of not-so-good weather, but that cannot be helped)!"