Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6854 reviews.
"A peaceful fishing village but if you expecting more than total relaxation and the beach, then it's probably not the place for you. "
"Die basiese benodigdhede kan jy sommer op die dorpie kry en as jy regtig meer benodig, is Velddrif om die draai. Die plaaslike restaurantjie bied ook goeie waarde vir geld. "
"Die eenvoudige vissersgemeenskap-bekoring gemeng met moderne gemak en ontwikkeling is definitief 'n wenresep. Heerlik gekuier by 'n paar verskillende watergate en die kunselement is uiters gepas. Hier kan jy definitief doen waarvoor jy lus is. Van niks tot alles."
"So lekker om te sien dat paternoster nou ook 'n brouery oop het en dat paternoster so 'n mooi klein dorpie op sy eie is, maar ek sal weer binnekort kom kuier."
"Yzerfontein lyk nou soos 'n upmarket high-density behuisingsprojek, maar die permanente inwoners is vriendelik en gasvry, die natuur is asemrowend, daar is interessante stappies en oulike winkels en restaurante. "
"Ek is 'n voorstaander vir Weskus en Langebaan was nog altyd my plekke waar ek skuiling soek net om weg te breek van die middestad se gevoel en geraas en om eerlik te wees, 'n man is gelukkig waar sy familie gelukkig is."
"Lekker langs die lang wit stand geloop. Desiree/James het ons van al die moet-sien-plekke vertel en ook van goeie, bekostigbare eetplekke vertel. "
"Skoon lug en pragtige see-uitsig. Net die beste om die gemoed te kalmeer na 'n besige jaar."
"St. Helenabaai het soveel potensiaal. Die monument is vervalle. Die vis en chips by die hawe was droog en is eers deur 'n mikrogolf en toe aan ons oorhandig. Die Pica Pizza was heerlik! Definitief 'n juweel om op trots te wees. "