Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6600 reviews.
"Dorp op sigself was redelik skoon met min plastiek en papiere wat in strate rondlê. Kan moontlik net 'n goeie aandenkingswinkel met bruikbare items begin. Personeel by OK baie vriendelike en behulpsaam."
"Beste kos by die Weskus Kombuis. Die gids by Voël-eiland was so vriendelik en het vrylik sy kennis gedeel met ons. Dit was die hoogtepunt van ons besoek. "
Longacres Country Estate, West Coast
Camelot Cottages"Dis pragtig, veral omdat ons in die begin van lente daar was. Die rustigheid was wat ons nodig gehad het."
"Elandsbaai is 'n pragtige klein stranddorpie met 'n lang strand vir lekker loop. Dis net 2 ure Nieuwoudtville toe (vir blomkykers) en 'n goeie basis waarvandaan die streek verken kan word. Dis nou as jy nie elke dag net langs die strand wil lê of loop nie!"
"Beautiful town, fantastic walks, prolific bird life, an explosion of flowers and the most amazing red sea sunsets. "
"See, fynbos, baie veilig en vriendelike mense. Fantastiese plek. Ideale leefstyl!"
"Lambertsbaai is baie lekker plekkie om vakansie te hou en baie veilig om te bly. Ek sal Lambertsbaai aanhou kies om vakansie daar te gaan hou."
"Paternoster is 'n pragtige plekkie met heerlike eetplekke en 'n asemrowende strand en uitsig. Die klein winkeltjies was vir my bietjie duur, jy kan sien dis eintlik gemik op oorsese toeriste. Sou dit verkies as hulle die pryse aanpas om die lokale reisigers ook in ag te neem."
"Die blomme en omgewing is prentjiemooi, dit is net op die oomblik ontsettend droog. Kort baie dringend deurdringende reën."
"Baie sentraal naby die talle besienswaardighede in Darling, die Weskuspark, Langebaan, Clyb Mykonos en natuurlik, Paternoster. Hierbenewens voorsien Yzerfontein is alle basiese behoeftes met 'n voortreflike inligtingsburo. Die dorp is baie skoon en goed versorg, op die oog af veilig en geen karwagte nie."
"Lots of restaurant choices. Spar for shopping if self-catering. Real fishing village."
"Voëlkyker se paradys. Boonop lekker sentraal om die groter omgewing te verken tydens daguitstappies. "
"Klawer is 'n baie sentrale dorp om in te bly en noord, suid of wes te ry en saans terug te kom na jou slaapplek. Die blomme was ook pragtig."