Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"Die mooiste, skoonste en veiligste strand. Was nog nie by andere nie, maar wat ek sover gesien het is goed."
"Paternoster is 'n baie mooi dorp en het al vreeslik uitgebrei. Dis net jammer vir die mense wat so bedel en kreef probeer smous. Dit gaan op die ou end maak dat mense nie meer daar wil gaan kuier nie."
"Altyd 'n baie goeie plek om na te gaan. Langebaan het aktiwiteite as 'n gesien, 'n couple en self net as individu om weg te breek en baie om te doen. Sal beslis weer terug gaan na Langebaan. "
"Die dorp is heerlik stil en skoon. Lekker om bietjie weg te kom van die stad se gejaag. Sal definitief weer teruggaan Dwarskersbos toe in die toekoms. "
"Ons het min tyd gehad om die dorp en omgewing te verken, maar dit wat ons kon sien was interessant. Die broeikolonie van malgasse was 'n aangename verrassing."
"Ek het grootgeword aan die Weskus en is lief vir die plek. Die mense is baie vriendelik en mens voel baie tuis."
"Jy moet dit self ondervind. Daar is nie woorde nie. Twee nagte is te kort. Die tyd vlieg verby."
"This was our first visit to Port Owen and we thoroughly enjoyed the long weekend. A visit to the Marina and Charlie's Brew is a must. Loved watching the anglers at Laaiplek as well."
"Paternoster is klein genoeg om 'n wegbreek van die gedruis te beleef. Die mense is vriendelik en behulpsaam."
"Vir die persoon wat lekker wil gaan rus en kop skoonmaak, is Lambertsbaai die plek. Immers daar gebore en sal altyd my wortels daar gaan optel. "
"Die WP se Paternoster lyk soos Griekeland se Mykonos en is goed ingerig vir toeriste. Goeie verblyf, veilig, strate goed bygehou en lekker eetplekke."