Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6547 reviews.
"Paternoster is 'n pragtige plek, maar maak net seker in watter deel van die dorp jy bespreek ... jou buurman versteur dalk die rus en vrede met harde musiek; onaardige rookreuke; kuiergaste en geskel en skree waarvoor ek as vakansieganger glad nie lus gehad het nie, maar sal beslis weer teruggaan om dit behoorlik te geniet."
"Dit moet nooit verder ontwikkel nie. Hou van die plek soos dit is. Besoek die plek al die afgelope 21 jaar. Die kaffee kan dalk meer voorraad aanhou. "
"Book your restaurants well in advance or you will not get a table easily, especially in December. Most restaurants are closed over Christmas and New Year."
"Geweldig beïndruk met Velddrif. Velddrif is ongerep, die mense sout-van-die-aarde, lieflike mense. Nie kommersieel soos omringende dorpies nie. Bokkomlaan met die stofstraat regs langs die vlei bekorend met o.a. die interessante winkel, Ek en Djy Vissery asook Flamingo Trading Post waar ons heerlike vars engelvis oor die kole gebraai en geniet het asook die gashere Mark en Petra. Ek het onmiddellik begin uitkyk vir eiendom."
"Pragtige plekkie, ideal vir klein kindertjies om te swem in die lagoon. Heerlike eetplekke. "
"'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly! "
"Beweerde misdaad waarteen almal ons gewaarsku het, is ontrustend en dit bring 'n negatiewe aspek in by die verblyf, want ons kon nie werklik ontspan en rus nie. "
"Lekker gekuier in Klawer se hotelkroeg. Die mense is baie vriendelik en het ons baie laat lag."
"Mooiste vakansiebestemming. Net jammer dat van die restaurante 'n redelike arrogante houding het as jy net 2 mense is. "
"Ek sal Yzerfontein sien as 'n bestemming wat met 'n boek en goeie wyn deurgebring moet word."