Geverifieerde Resensie

Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35758 resensies.

Witsand, Wes-Kaap

Barnacles

"'n Baie mooi, skoon en vriendelike gemeenskap."

Laingsburg, Wes-Kaap

Hillandale

"Baie lekker geëet by die plaaslike restaurant."

Doringbaai, Wes-Kaap

Thornbay Accommodation

"Doringbaai is 'n pragtige skoon dorpie. Hier kry jy werklik rus vir jou siel. Die 4x4 en staproetes word aanbeveel. Heerlike Snoek gekoop by die vissers. Dit was 'n belewenis om hulle dop te hou as hulle die menigte vis vlek en sout. Ignoreer maar die bedelaars, anders raak hulle lastig."

Beaufort-Wes, Wes-Kaap

Aandblom Guesthouse

"Goed geleë vir oornag op die lang pad."

Calitzdorp, Wes-Kaap

Karoo Life Bed and Breakfast

"Alhoewel daar baie restaurante in Calitzdorp is, was slegs Zamani's in die aand oop. Hulle diens was puik en die steaks uit die boonste rakke."

Silversands, Wes-Kaap

Sol y Sombra

"Very quite and reminds you how seaside towns used to look with gravel roads and all. Great fishing, mussels and friendly faces."

Tulbagh, Wes-Kaap

Witzenberg Guest Farm

"Pragtige ou historiese huise en geboue en mooi natuurskoon."

Pearly Beach, Wes-Kaap

Pearly Beach Cottage

"Pearly Beach is 'n baie lekker stil dorpie om na weg te breek. Dit is beslis die moeite werd om daar te gaan afpak vir 'n vakansie."

Tulbagh, Wes-Kaap

Fraaigelegen Farm

"Ongelukkig is Tulbagh besig om te verval en min nuwe ontwikkeling vind plaas. "

Jacobsbaai, Wes-Kaap

Verdoesie

"Dit sou ideaal gewees het as daar 'n winkeltjie was wat bietjie meer bied. Jy moet alles saamvat of sentrum toe ry en eintlik kom mens om weg te kom van alles."

Yzerfontein, Wes-Kaap

Dolfin House

"Baie mooi Weskusdorpie."

Oudtshoorn, Wes-Kaap

Queen’s Hotel by BON Hotels

"Oudtshoorn is een van die juwele van Suid-Afika! Die Kangogrotte, Hi-Gate Volstuisplaas, die Krokodilplaas (met pumas ingesluit) en Wilgewandel vir die jongspan, met sy kameelritte en foefie slide, is als bereikbaar binne minder as 'n halfuur se ry. Dan is daar boonop Meiringspoort, die asemrowendste poort in Suid-Afrika, wat so 'n uur se ry weg is. Vir 'n onvergeetlike dagreis, kan mens gaan kuier in die Hel, wat afdraai uit die Swartbergpas. Andersins, kan mens uitry vir die dag na Prins Albert, via die Swartbergpas of Meiringspoort."

Lambertsbaai, Wes-Kaap

West Coast Eagle's Nest

"As dit eendag vir ons beskore is sal ons graag daar wil gaan aftree. Lambertsbaai het twee jaar gelede al ons harte gesteel."

Prince Albert Road, Wes-Kaap

Wolvekraal Guest Farm

"Die dorp het so baie om te doen! Ek het my hare laat sny, park run gedoen, Saterdag 'n markie bygewoon, plaaslike fliek bygewoon en liplekker pannekoek geëet! Almal is so vriendelik in die dorp! Prins Albert het vinnig in my hart gekruip."

Calitzdorp, Wes-Kaap

Karoo Life Bed and Breakfast

"Geweldige gasvrye mense. Die Port in die area is puik."

Jacobsbaai, Wes-Kaap

Whimseagull

"Jacobsbaai is asemrowend mooi."

Worcester, Wes-Kaap

Palm la Vie

"Boland is altyd pragtig."

Prins Albert, Wes-Kaap

Lavenders

"Wonderlike gasvrye bestemming."

Witsand, Wes-Kaap

Seehuisie

"Ek het nie soveel vis gevang as wat ek gehoop het nie, maar volgende keer! Ons het van ons vriende na Witsand verwys en hulle was so beïndruk dat hulle dadelik 'n vakansiehuis gekoop het. So, Witsand rock!"

Rawsonville, Wes-Kaap

Rawsonville Guest House

"Ons het die plek verken, lekker wynplase besoek, 'n pub besoek en rugby gekyk. Alles was lekker sal weer daarheen gaan."

Elandsbaai, Wes-Kaap

Ons Huisie

"Elandsbaai is kleiner as wat 'n mens verwag, en des te beter daarvoor. Ons sal dit beslis weer besoek."

Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap

La Montagne Lodge

"Pragtig. Olywe en goeie wyne te proe. Lekker kuierplekke. Lekker basis om buurdorpe ook te verken. Kan dalk meer fisiese aktiwiteite byvoeg."

Bettysbaai, Wes-Kaap

Cyara

"Net genoeg van alles en nie te veel van enigiets nie."

Struisbaai, Wes-Kaap

Struisbaai Beach House

"Ons het ook 'n baie lekker ervaring by die Sea Shack in Struisbaai gehad. Hul kos is heerlik, pryse baie billik en hul is baie gasvry. "

Hermanus, Wes-Kaap

Cycads Self-catering 6

"Hermanus is the most beautiful town in South Africa! So much to see and so little time. We visited Fisher Haven and came across a Restaurant/Pub called The Blue Roof! What wonderful food! Great value for money friendly staff!"

Jongensfontein, Wes-Kaap

Seesig Chalets

"Pragtige, skoon, netjiese plek."

Blad
Blad 1044 - Wys 31291 tot 31320
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang