Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Klapmuts is ideaal geleë vir verblyf as middelpunt om elke dag interessante plekke te besoek en te verken soos Paarl, Franschoek en Stellenbosch. Babylonstoren is 'n klipgooi van Bona Vista en 'n absolute moet om te besoek. "
"Vanrhynsdorp is so goed geleë, naby die see vir 'n dag uitstappie kan jy see toe en terug. Naby die mooiste wynplase, 'n vriendelike dorpie."
"Rustige woonbuurt. 'n Bietjie ver om te stap na die middedorp toe, maar vir bergfietsryers is dit ideaal want daar is baie bergfietsroetes."
"Oudtshoorn is 'n rustige Karoodorp met gasvrye en vriendelike mense waar mens nog egte plattelandse gasvryheid geniet!"
"Wonderlike ervaring selfs vir ons wat al jare in die Wes-Kaap woon. Die natuurskoon en omringende oseane is asemrowend."
"Meer as genoeg buite-vermaak en goeie restaurant sowel as beeldskone parkrun in die heuwels."
"Far away. Typical West Coast fishing town with beautiful beaches and an interesting bird colony. Not much to do except relax and enjoy the solitude."
"Daar is verbasend baie om te doen in die area. Montagu skep 'n warm klein dorpie gevoel met baie outydse geboue en vriendelike mense."
"Pragtige area wat nie genoeg erkenning kry nie. Maar daarin lê die skoonheid dalk. "
"Mooi omgewing met die berge en bergpasse. Hou van die wingerde in die valeie. Goed om dagreise te doen. "
"Ek was verbaas. Stilbaai is 'n lekker vakansiedorp met vriendelike en behulpsame mense en 'n aangename atmosfeer. Heerlike restaurante en genoeg winkels vir alles wat jy nodig het."
"Ons het die gevoel gekry dat die dorpie vasgesteek het in 'n vergange era en al die ou artefakte val nie noodwendig in almal se smaak nie. Dit is vir mense wat wil teruggaan in tyd en wat hou van die eksentrieke."
"Vredendal het ons aangenaam verras en die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Daar is so baie om te sien en te doen in die omgewing. Ons is spyt dat ons nie twee nagte hier oornag het nie. Wou graag die ander plekke (soos aanbeveel in die Weg tydskrif), maar ons tyd was net hopeloos te min. "
"Some interesting mountain passes where we saw a lot of fynbos! A lovely succulent nursery with lots of very interesting indigenous plants."