Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Baie rustige plek met min mense. Strande is ongerep en jy 'n surfer is, en die branders loop, is die "left break" skynbaar iets om oor huis toe te skryf. As jy een is vir "shopping" en winkels, hou maar verby. Dit is egter wat die plek so goed maak vir afskakel en net rustig wees. Moet egter nie die hotel se hamburgers misloop nie; moer lekker -en die Witmosselpot restaurant en coffee shop is baie gesellig."
"Dit is 'n baie rustige bestemming. Daar is baie plekke binne ry-afstand om te besoek."
"Al het meeste van die natuur weg gebrand was dit steeds 'n wonderlike ervaring. Uitsig en sonsondergang was onbeskryflik mooi!"
"Die plek is pragtig. Ons het die tyd weg geniet. Dis net ver van die Kaap af, anders sou ons gou weer gaan. "
Woodbridge Island, Western Cape
The Beach Room"Die restaurante kan verseker verbeter op die Eiland."
"Citrusdal het bo verwagting voldoen aan al ons benodighede. Verskeidenheid aktiwiteite in Citrusdal omgewing is 'n definitiewe pluspunt."
"Ideaal met George Lughawe wat naby is en Wildernis is op die N2-roete. In die middel van Kaapstad en Port Elizabeth."
"Ek het as kind koshuis bygewoon op Riebeek-Wes en dit was verskriklik lekker om weer vir die eerste keer na 31j jaar terug te kom hiernatoe. "
"Baie mooi dorp, kan prag foto's neem, goeie wyn, nie te veel om te doen nie, dus goeie plek om te rus. "
"Ek sal West Beach aanbeveel as 'n toeristebestemming. Jy het die pragtige uitsig van Tafelberg - met of sonder sy kombers, die omgewing is skoon en netjies, die eet- en kuierplekke, asook winkelsentrums is naby genoeg sonder dat jy ure in die verkeer vasgevang hoef te sit. Vir die fikse (en minder fikse) mense is daar 'n pragtige roete langs die strand af waar jy lekker kan stap/draf of jy kan net by 'n restuarant sit en "chill" en kyk hoe dit gedoen word."
"Weet nie veel van die geweste nie, maar ons gaan verseker terugkeer om die gebied verder te verken! "
"Lovely historical town with wide variety of architecture to view, museums and good culture. Good walk available in surrounding areas and a nature reserve. Good place to base yourself and do the various mountain pass drives in the area. "
"Robertson is 'n pragtige dorp met alles reg daar, dis nie nodig om verder te ry en te gaan soek na iets elders nie. Vriendelike mense. Sal beslis weer daar deurry."