Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Very clean and tidy, the people of Stilbaai are very proud people and love their neighbourhood. Keep it up. Hanlies Bistro's food is amazing. "
Prince Albert Road, Western Cape
Wolvekraal Guest Farm"Dit is 'n pragtige, vriendelike dorp en daar is baie uiteenlopende aktiwiteite om van te kies. 'n Weggesteekte juweel van die Karoo."
"Langebaan is regtig baie lekker vir vakansietye - so asemrowend vir uitsig en rus!"
"Die veiligheid en rustigheid verdien genoem te word behalwe natuurlik die skoon en netjiese omgewing."
"Meer vermaak vir kinders en jongmense soos byvoorbeeld putt-putt-bane. "
"Dis 'n pragtige plek en daar is baie besienswaardighede deur slegs kort afstande te ry."
"Daar is so baie dinge om en in Oudtshoorn om te doen waarvan ons nie eers geweet het tot ons daar gekom het en ander mense ons van vertel het nie. Oudtshoorn is regtig een van daardie plekke waar oud en jonk vermaak kan word."
"Doringbaai is 'n pragtige skoon dorpie. Hier kry jy werklik rus vir jou siel. Die 4x4 en staproetes word aanbeveel. Heerlike Snoek gekoop by die vissers. Dit was 'n belewenis om hulle dop te hou as hulle die menigte vis vlek en sout. Ignoreer maar die bedelaars, anders raak hulle lastig."
"Alhoewel daar baie restaurante in Calitzdorp is, was slegs Zamani's in die aand oop. Hulle diens was puik en die steaks uit die boonste rakke."
"Very quite and reminds you how seaside towns used to look with gravel roads and all. Great fishing, mussels and friendly faces."
"Pearly Beach is 'n baie lekker stil dorpie om na weg te breek. Dit is beslis die moeite werd om daar te gaan afpak vir 'n vakansie."
"Dit sou ideaal gewees het as daar 'n winkeltjie was wat bietjie meer bied. Jy moet alles saamvat of sentrum toe ry en eintlik kom mens om weg te kom van alles."
"As dit eendag vir ons beskore is sal ons graag daar wil gaan aftree. Lambertsbaai het twee jaar gelede al ons harte gesteel."
Prince Albert Road, Western Cape
Wolvekraal Guest Farm"Die dorp het so baie om te doen! Ek het my hare laat sny, park run gedoen, Saterdag 'n markie bygewoon, plaaslike fliek bygewoon en liplekker pannekoek geëet! Almal is so vriendelik in die dorp! Prins Albert het vinnig in my hart gekruip."