Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Melkbosstrand is een van die strande waar dit nog bietjie rustiger is, 'n mens het dit nodig as jy wil ontspan!"
"Baie mooi natuur, baie om te doen in die omgewing, lekker eetplekke. Tapas is 'n moet!"
"Pragtige oord op Breëriviermonding geleë. Ideal vir boot-, hang-gliding en visvangvakansie."
"Daar is baie om te sien en doen, maar die somerhitte is erg. Liewers herfs of lente vir my volgende keer."
"Gouritsmond is 'n lekker plek as jy saam met die regte mense gaan, maar as jy alleen gaan is daar nie veel om te doen nie. Wees voorbereid op die feit dat jy jou eie vermaak moet maak, maar ek kan verseker dat dit 'n lekker plek is met 'n baie lekker strand as jy hou van swem en in die son lê!"
"Ek is mal oor see en visvang. Lekker rustige dorpie maar daar is genoeg van alles sonder om ver te ry. Die mense is ook baie vriendelik."
"Gehou van die beheer oor die massa mense wat by die strande wou uitkom. Die strand is gereeld gepatrolleer deur die SAPS. Elke dag was daar skoonmakers om die strand skoon te hou."
"Fantastiese dorp met baie gasvryheid. Fantastiese belewenisse daar gehad. Baie dankie!"
"As jy ooit deur Beaufort-Wes ry, maak gerus 'n draai by 4sheep - die beste plekkie om 'n burger te geniet en jou battery te herlaai."
"Wens meer mense wil soontoe verhuis, dit kan 'n wonderlike plaasdorpie wees. Is so rustig, geestelik en stil. Meer mense bring meer vreugde."
"Baie oulike winkeltjies, alles maklik verkrygbaar, vriendelike mense."