Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Clanwilliam se verblyf was heerlik en, veral as jy blomme wil kyk, is dit beter om op 'n plaas te bly want daar sien jy teenaan die pad massa blomme. Daar is ook byvoorbeeld die Rooibostee fabriek en al die staproetes in die berge."
"Pragtige dorpie, baie uniek met vriendelike mensies. "
"Goeie ligging om te ontspan en die Tsitsikamma te beleef. Goeie keuse vir natuurliefhebbers."
"Yzerfontein is naby Kaapstad, maar bied self nie veel nie. !Khwa ttu is rit na restaurant werd. Uitsig van restaurant af is pragtig. Ry gerus ook na Riebeeck Kasteel. Natuurskoon herinner aan Skotland se Canolavelde, groen heuwels, veldblomme, skapies en water. Pragtig! "
"Witsand is 'n pragtige stunning beach waar mens lekker ver kan gaan stap. Winkeltjies is ok. Nella's het al die basics wat mens seker nodig het. Maar 'n spar of so iets sou nogal great gewees het. En maybe lekker arts en crafts shop sal ook awesome wees om soos 'n aandenking van Witsand huistoe te kan neem. Maar dit bly 'n pragtige plekkie en mens voel veilig daar. "
"Alhoewel Witsand 'n hengelbestemming is, is daar meer as genoeg om te doen of om net te ontspan en leeg te lê."
"Make sure that you contact Morena (Franschoek Pass Winery) to taste and buy the best kept secret of South African MCC Champagnes and even get the French Thierry Lesne at decent prices! The Brut Rose is a winner!"
"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."