Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Seagull's Restaurant is the best place in town, great food and a nice vibe! Struisbaai has white beaches and nice places to swim, great place to visit overall. "
"Dit is 'n lieflike plek waar mens nog vrylik kan asemhaal. Die see se water is natuurlik yskoud, maar die uitsig as jy op die strand is maak op vir die koue water! Ons het 'n paar keer by verskillende restaurante geëet wat baie lekker was. Van die plekke by die hawe se kombuise maak 20:30 al toe (ek dink dis vroeg vir die Kaap waar dit eers 20:00 donker is!) en dis jammer dat daar nie meer van die omgewing se wyne op die spyskaarte is nie. Kleinmond is 'n plek vir ontspan!"
"Definitief 'n lekker aftree-dorpie. Die inwoners is baie vriendelik en laat mens soos een van hul voel, tuis!"
"Lekker vakansie-dorpie veral as jy die mooi strandmeer kan gebruik vir roei, bootry, visvang, ens."
"Paternoster steel jou hart en siel in een dag. Die eevoud en vriendelike mense laat jou onmiddellik tuis voel en sonder sorge. Hier gaan dit oor goeie kos, menslikheid en die son op jou gesig en seesand tussen jou tone."
"Nog ontwikkeling nodig, met winkels baie beperk (moes Vredenburg toe ry vir 'n swembroek). Maar as jy stilte soek is dit ideaal."
"Heerlik geëet by die plaaslike restaurant Nautical South. Lieflike strand en rustige omgewing."
"Langebaan is a wonderful holiday destination especially for your kite surfers. But also for people who love nature and the outdoors. One of my favourite places on the West Coast."
"Nie tyd gehad om lank daar te verwyl nie maar weet 22 Watervalle is die moeite werk om te besoek. Het 'n restaurant op 'n Sondagaand gemis."
"Stilbaai is 'n wonderlike wegbreekplek, met die mooiste strande en heerlike rivier en stapplek en fynbos en wat jou hart ook al begeer. Geen wonder mense tree al hoe meer daar af nie. Die vriendelikheid van die gemeenskap was opvallend en ek het oral veilig gevoel. Meer ideaal sal 'n mens moeilik vind. Ek sal volgende keer net langer bly en die res van my reis korter maak. "