Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"'n Fantastiese pragtige plekkie wat my aan my kinderjare laat dink. Gaan definitief weer daar kuier."
"Ons het persoonlik nie van Hermanus gehou nie, was net te besig oor die algemeen. Restuarante was vol en so ook die strande. Groot irritasie was die hoeveelheid honde op die strand? Ons het ook honde, maar is nie gemaklik met honde op die strand nie! Ons het Hermanus besoek ondat ons miskien 'n eiendom daar wou koop, maar het nou daarteen besluit."
"Hermanus is 'n asemrowende plek. Baie mooi, baie skoon en baie veilig. Sal enige tyd weer daarheen gaan."
"As mens lief is vir die uniekhed van die Weskus, dan is Jacobsbaai die plek wat die 'gees van die Weskus' die beste weerspieël en leef. Die feit dat dit redelik ongekommersialiseerd is maak dit outentiek. "
"Is mal oor die Paarl. 'n Moet sien is die familieplaaswinkel in die hoofstraat. Dit is cute met alles wat mooi is. Ons kuier daar was absoluut die moeite werd."
"Juweel van die Karoo! Fantastiese wyse om die nostalgie van die platteland te beleef."
Longacres Country Estate, Western Cape
Masada Guest House"Die goed versorgde tuin was 'n lus vir die oog."