Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Port Owen is 'n unieke ontwikkeling aan die Weskus met fantastiese Waterfront-eiendomme op die kanale, deel van die Bergrivier met direkte toegang na die diepsee via die mond by Laaiplek."
"57 on Vermont grens aan 'n lieflike vlei. Dit is pragtig en rustig. Beslis 'n plus. En die mooiste berguitsig!"
"Ons was al baie in Witsand, maar het nog nooit so 'n ondervinding beleef nie. Witsand se mense is so fantasties en vriendelik. Ek kan nie glo wat gebeur het nie. Ons het so lekker altyd gekuier in Witsand."
"Daar is nie veel te doen of sien nie, maar die gastehuis was so lieflik, ek het niks werklik gekort nie."
"Oor die algemeenn gelukkig. Dit hang af wat jy soek. Ek wou juis in stilte sonder karre en malls, flieks en resturante in vrede gaan vakansie hou. So as dit is waarna jy soek is St. Helenabaai perfek. Dit is ook naby genoeg aan Vredenburg as jy winkels wil besoek. Vir kos en wyn beskik St. Helenabaai en sy winkels oor genoeg verskeidenheid. Kan dit aanbeveel en kan nie wag om weer daar vakansie te hou nie."
"Een dag maksimum nodig vir die dorp. Geen badkamers by vuurtoring of Suidpunt vir besoekers nie. Agulhas Nasionale Park is nie oop vir dagbesoekers nie, slegs vir persone wat peperduur verblyf binne kan bekostig."