Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Struisbaai is 'n baie rustige, skilderagtige dorpie, veilig om verskillende aktiwiteite te beoefen soos stap, draf, visvang en nog vele meer. Kom geniet Struisbaai se gasvryheid."
"Die plantegroei in die omgewing is so deel van die huise. Maak dit baie besonders. Die feit dat daar geen straatligte is nie maak die omgewing donker om die natuur so te geniet. Baie veilig. Ons is mal oor Betty's Bay."
"Lovely, quaint town with so much natural beauty. Birdlife is amazing and a great place to hike."
"Paternoster oortref die 5ster. Dit is soveel meer. Ons het dit vreeslik baie geniet. Enige mens se droomplekkie by die see. "
"Heelike wegbreekplek in die Karoo met genoeg vars lug en baie vriendelike mense. Hier kan 'n mens nog die stilte geniet en pragtige sterre sien."
"Dit was ons eerste keer op Rooi-Els en ons was baie beïndruk. Die dorpie is klein en stil met grondpaaie en net een klein winkeltjie waar jy alles en nog wat kan koop. Die strandhuise is onpretensieus met nie te veel 'mansions'."
"Nie vir iemand wat die rustigheid van die natuur waardeer en wil geniet nie. Baie ontwikkel en baie duur."
"Pleasant town with good facilities like supermarket and padstall. The municipal information services are pretty useless. We inquired about hiking trails in the neighbourhood. They suggested we go to the coast instead of mentioning interesting places in or close to Clanwilliam."
"Pragtige vissersdorp met die oulikste restaurante met heerlike snoekgeregte die mense is baie vriendelik en besoek gerus die hawe vir vars snoek wat elke dag in kom! Ondersteun ook die vrouens wat eetgoed verkoop op die hawe baie lekker en goedkoop!"