Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36757 resensies.
"Besoek gerus die Nougat fabriek en luister na Marian en Suzaan se getuienis oor hoe die fabriek ontstaan het."
"It's a pity that covid took its toll on this little town, but there is a fabulous restaurant that has opened and will be offering meals in the evenings. Hopefully things will be on the up again soon."
"Geen behoorlike winkel vir kruideniersware nie. Gaste moet ingelig word dat hul op Robertson moet aankope doen voor hul na McGregor reis."
"Dis maar soos enige ander stad in my opinie, al verskil is dat dit by die see is en Tafelberg in die agtergrond is. Verkeer is erg, hawelose mense bly in tente onder brûe en alles is ook maar agter slot en grendel. Die enigste rede hoekom ons in die stad oorgebly het is omdat dit nader aan die lughawe is en ons vlug het vroeg vertrek die volgende oggend."
"Pragtige omgewing. Baie besienswaardighede. Die staproete by Murludi word hoog aanbeveel."
"Absolutely love Yzerfontein, close to Cape Town for a quick daytrip, but Yzerfontein itself has the most beautiful beach and stunning views."
"George is 'n pragtige, skoon en netjiese dorp wat lekker sentraal geleë is tussen al die kusdorpies. Die boemelaars kan egter 'n groot probleem word indien die situasie nie aangespreek word nie."
"Mosselbaai is 'n heelike plek om te gaan swem en kuier, maar ek sal nie sommer weer in Mosselbaai self bly nie, eerder in een van die omliggende plekke soos Rheebok of Terniet. Mosselbaai is te besig en baie raserig na 12 in die nag."
"Ongelukkig nie die skoonste dorp nie. Die asblikke buite die gastehuis in die straat het oorgeloop en rommel was selfs in die straat gestrooi om die asblik. Lyk my 'n algemene tendens in Suid-Afrika weens swak dienslewering."