Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35901 reviews.
"Die omgewing is pragtig, maar die middedorp is maar dodgy. Baie bedelaars en jong mannetjies wat jou laat voel hulle gaan iets gryp as hulle 'n kans kry."
"Seker lekker in die somer, maar is maar mislik in die winter. Die strand en see lyk nie baie veilig vir swem nie. Ek het juis daarna gaan kyk as 'n moontlike aftreeplek, maar nie 'n lekker gevoel gekry nie."
"Sandies Glen Pas is een van die gerieflikste grondpaaie en kronkel deur die mooiste plase. Neem gerus van die afdraaie en verken die pragtige area."
"Naby aan Kaapstad en perfek vir 'n daguitstappie. Baie om te doen en te sien in hierdie dorpie."
"Die natuurskoon is ongelooflik en mens waardeer die ongereptheid daarvan en die skoon berglug. Besoeke aan die Botaniese Tuin en Pikkewynkolonie maak dit absoluut die moeite werd."
"Oudtshoorn is vir my baie sentraal. Baie plekke om te besoek. Passe om te ry. George en Mosselbaai baie naby om vir 'n dag na uit te ry."
"Paarl is baie sentraal as jy vergaderings in die Boland-dorpe van Wellington, Paarl, Worcester en Stellenbosch het. Dit is ook heeltemal binne reikafstand van die Kaapstad Lughawe en Kaapstad self as mens soontoe moet gaan."
"Stellenbosch is 'n uitstekende dorpie. Die skoonheid is onbeskryflik. Enigste kommentaar wat ek kan lewer is dat jy soms dikvellig moet wees om sommige van die dorpie se mense aan te pak. Nietemin is dit werklik 'n skat van die Wes-Kaap."
"Almal baie vriendelik en hulpvaardig in die dorp. Nie baie om te doen met besige tieners nie."
Great Brak River, Western Cape
Gleniqua Vakansiehuis"Lovely area to stay when wanting a restful holiday but also to do stuff like wine tasting or walking through markets."
"Strandfontein is 'n mooi klein diamantjie wat baie meer toeriste behoort te lok. Dis beeldskoon en 'n goeie voorbeeld van goeie dienslewering. Nie eers beurtkrag maak jou mislik nie. Dis rêrig 'n wonderlike plekkie."
"Wees voorbereid met genoeg kos en alkohol. Klein winkeltjie wat nie veel bied nie en geen drankwinkel op dorp nie."