Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35901 reviews.
"Ongelooflik vir die buitelug-entoesias. Die dorp is pragtig en die mense gasvry. Roetes is asemrowend, 'n fotograaf se droom. Stappers kan hier weggevoer word en die passe en padstalletjie is juwele. As jy 'n "spectacular roadtrip" beplan, moet nie Clanwilliam misry nie, voorwaar 'n belewenis!"
"Dis rustig en stil sonder rondlopers en boosdoeners wat wil kwaaddoen en ons het die vars, skoon seelug waardeer. Die plaaslike inwoners se sakelui is behulpsaam en vriendelik. Wil jy heerlike braaitjops oor die kole braai? Besoek gerus die plaaslike slaghuis op Bettysbaai. Hulle bied tamaaigroot karooskaaptjops met lekker vet uit Victoria-Wes asook tuisgemaakte boerewors aan. Dit was my bejaarde ma se verjaardag en toe die winkeleienaar dit gehoor het, het hy ons sommer 'n hele pakkie tuisgemaakte boerewors gratis gegee as my ma se verjaardaggeskenk! Nou waar kry jy sulke diens in die stad? Soek jy eenvoud en gerief gekombineer, rus en vrede en vars seelug vir 'n naweek, is Bettysbaai die plek vir jou."
"Pragtige dorp in 'n mooi omgewing en baie te doen. Wonderlike besienswaardighede binne ry-afstand."
"A wonderful country village with an abundance of beautiful wine farms and wines to suit every palate. The golf course is in immaculate condition."
"Verkeer tussen Hartenbos en Mosselbaai is net baie. Verder is Mosselbaai en omgewing lieflik skoon, winkeleienaars baie vriendelik en alles is sentraal geleë."
"We bought hake and chips from the local fish shop, and it was disgusting. Really disappointing."
"Is baie goed geleë veral as jy rustigheid soek en 'n kranige visserman is. Niks vir kinders om te doen behalwe see en sandboarding op sonnige dae nie."
"Oudtshoorn en omgewing is ryk aan toeriste-aantreklikhede, bv. die Kangogrotte, Buffelsdrift Game Lodge, Cango Wild Life Ranch."
"Dis 'n uitstekende plek vir toeriste en kuier al ry mens net deur die plek. Die uitsig is pragtig, baie droog, maar die natuur is 'n verwelkoming as jy lief is daarvoor."
"Dit is nog lekker ongerep. Die mense is vriendelik en dis naby 'n paar gewilde dorpies en plekkies om te ontdek. Gebruik dit as jou basis en verken die hele area. Lekker lang, skoon strande vir 'n heerlike stap wat oud en jonk sal pas."
"We visited the surrounding little businesses within the area and it's well located where you have the tranquillity of nature but can also take a 20 min drive to Saldanha where it's more city-like."