Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"'n Pragtige, netjiese dorpie. Baie besienswaardighede in en om die dorp bv. Olyfplaas, Weltevrede vyeplaas, Swartbergpas en Gamtoosvallei (Die Hel) en die Museum was uitstekend. Restaurante bedien heerlike kos."
"Dit was vir ons die ideale plek om te wees voordat ons deur Seweweekspoort gery het."
"Die Moederstad het nie teleurgestel nie - altyd net te kort wanneer mens daar kuier. Soveel te sien en te doen!"
"Pragtig, maar die restaurant en winkel is toe op Maandae. Niemand het dit vir ons voor die tyd gesê nie en ons moes Plettenberbaai toe ry om iets te kry om te eet en drink."
"Baie oulike dorp. Ongelukkig het Covid-19 vele besighede erg geknou."
"Helderstroom Alpacas is 'n goeie kuier en besoek-opsie. Stettyn Wynlandgoed is goeie waarde vir geld."
"Pragtige dorp in die Boland se wynstreek en toegangsroete tot heelwat ander dorpe soos Wellington, Franschhoek, Stellenbosch, Durbanville."
"Hermanus en omgewing is ons gereelde vakansie-bestemming vir meer as 30 jaar, eers as 'n getroude paartjie, daarna met ons gesin, daarna met klienkinders, nou met vriende. Het nou afgetree. Toekomstige kuiers sal dus slegs ons twee wees. Ek hoef dus niks meer te se nie; ons het die dorp sien ontwikkel, maar ook die stremming rondom ons voorheen gunsteling bestemming, Hermanus Strandklub gesien. "
"Lekker klein dorpie, weg van die "stad se lawaai". Groei ongelukkig vinnig na 'n "stad"."
"Fantastiese bestemming as jy al die lekkerste dinge in die lewe op een plek wil geniet - fantastiese wynplase, fynproewer-restaurante, kunsgalerye en beeldhouwerke van wêreldgehalte-kunstenaars, asemrowende natuurskoon en die vriendelikste mense. Die motormuseum en wyntrem is uniek en beslis die uitgawe werd."
"Tipiese Suid Afrikaanse plattelandse dorp, in 'n verrasende mooi omgewing. Ry gerus in die omgewing rond, die pad van Villiersdorp rigting Worcester is verbasend "mooier" as andersom. Ry dit vroegoggend. Theewaterskloof dam is besonders."
"Kaap bo! Skoon en netjies, hoor ook nie van inbrake daar nie, wat my baie gerus gemaak het. Vrouens en kinders wat fietsry in die straat, jy waag dit nie in Gauteng nie. Vriendelike mense een van Kaap se toppunte!"
"Mooi dorpie in 'n pragtige omgewing met oorgenoeg eet- en drinkplekke as jy net wil kuier."
"Kan absoluut niks nêrens fout vind nie, kan net goedpraat van plekke, mense, paaie en orals is net goeie diens en vriendelikheid."
"Fairview en Spice Route is lekker naby. Hier is ook ontelbaar ander wonderlike plekke om te besoek. Een naweek is te min."