Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Trading Store doesn't hold much in the way of supplies, so its a good thing we took along all that we needed."
"Pragtige, rustige dorpie naby wynplase, die Breederivier en die Langebergreeks."
"Pragtige dorp. Ons het reeds die plek kom besigtig om daar te hervestig. Genoeg restaurante, mooi Pick en Pay (nuwe Superspar maak eersdaags oop). Huise en eiendom baie duur, en dus skaars."
"Bloubergstrand is veilig, strand is skoon, en dit kruip diep in mens se hart in."
"Lekker, maar wind was erg. Weet nie of dit altyd so erg waai nie aangesien dit 'n eerste keer in Franskraal was. "
"Rustig, wonderlike stappies op die strand, lekker eetplekke, pragtige uitsig op Tafelberg"
"Oudtshoorn, die dorp en omgewing, is 'n wonderlike plek. Daar is baie om te doen en wonderlike gesinsaktiwiteite. "
"'n Juweel van 'n dorp! Is beïndruk met die natuurskoon, die mooi huise en tuine. En dat die plek so skoon is. Dit lyk of daar goeie bestuur en baie omgee is!"
"Langebaan is 'n lekker kuier plek en baie gesellig met baie dinge om te doen."
"What a lovely little town. A bit smaller than what I expected, but everyone is so friendly."
"Ek het op Vanrhynsdorp grootgeword, nou is dit heerlik om terug te gaan en daar te gaan kuier. Blommetyd is natuurlik iets baie besonders en steeds vir my 'n natuurwonder. Vir 'n rustige, plattelandse atmosfeer is dit ideaal. "
"Sal definitief meer in Melkbosstrand kuier na die eerste ervaring, mense is vriendelik, diens is goed, pragtige uitsig en vele meer!"
"Heatherlands is 'n pragtige statige woonbuurt met 'n uitsonderlike aangename stil atmosfeer."
"Rus en vrede en goed geleë met die mooiste natuurtonele. Beskut van groter dorpe, maar baie naby daaraan en aan ander kleiner Weskus-dorpies, vir lekker daguitstappies."
"One of my favourite places with the caves, Swartberg Pass and Meiringspoort a stones throw away. Shops and restaurant close by too."
"Rooibostee-winkel was veral ‘n goeie ervaring en leersaam, met uitstekende personeel! Superspar uitstekend vir inkopies. "