Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Pragtige dorp en so mooi skoon. Die mense is so vriendelik en almal knoop 'n geselsie met jou aan in die winkels. Ek sal graag weer Worcester besoek in die toekoms."
"Die dorpie het baie potensiaal as 'n oornag vertoef vir reisigers op pad Kaapstad toe. Die armoede wat in die dorp baie sigbaar is, kan hokgeslaan word, deur die dorpie se uitstekende ligging op die N1 meer innoverend te gebruik."
"Langebaan is een van die beste vakansie-toeristebestemmings. Pragtig, skoon en veilig."
"Baie oulike plekkie. Dit is stil en rustig. Die winkels is klein tog kry mens die heerlikste gebak! Die plaaslike dokter was vriendelik en baie behulpsaam met uitstekende mediese advies sonder om 'n fooi te vra. Honde moet egter versigtig wees vir water in die lagoon, my honde het altwee maagprobleme ondervind. Die veearts op Kleinmond was ons redding. "
"We know the place well and stayed at other venues previously. The vibe is continental and relaxed and was unfortunately spoiled by the recent experience. We are also aware that apparently recent incidents of harassment of tourists on hikes and on the beach were increasing."
"Kan besig raak oor vakansies, maar dit skep nie 'n gevoel van oorvol nie. Kaapstad en alle ander besienswaardighede is binne 40-50 km's vanaf Gordons. Stil genoeg vir ontspan, besig genoeg vir die tieners!"
"Nice little town in great landscape. Main road with many galleries, shops and restaurants for each budget. Many wineries in the environment. We had a wonderful stop at Eikehof. The Winetram seems to be a more touristic offer. "
"At the moment - super dry. But these people have not let go of their pride of looking after and maintaining their pride and joy. Super proud of them."
"Table View het nie 'n fantastiese swemstrand nie. Nie dat ek dink enigiemand gaan Kaap toe vir swem nie - die kites is egter 'n pragtige aansig vroeg-oggend en laatmiddag. Ver genoeg van die vreeslike gejaag van Kaapstad maar naby genoeg om binne 20 minute by die waterfront te wees. "
"Uit besige Simonstad, maar na genoeg om vinnig te bereik. Natuur is asemrowend mooi."
"Baie oulike plek, lekker stil. Pragtige omgewing. Die Kommetjie Restaurant is definitief aan te beveel. "
"Baie veilig en skoon. Die Suid-kaap is pragtig en die moeite werd om te besoek vir natuurliefhebbers."