Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35758 reviews.
"Dorp op sigself was redelik skoon met min plastiek en papiere wat in strate rondlê. Kan moontlik net 'n goeie aandenkingswinkel met bruikbare items begin. Personeel by OK baie vriendelike en behulpsaam."
" Naby die Waterfront en daar is al die besighede wat 'n mens nodig het, ook is daar baie loopplek langs die see."
"Die kokerboomwoud buite Nieuwoudtville was die ekstra ry werd om te gaan besoek. Die Gifberg-roete was wonderlik en ons het die sirkelroete omtrent geniet. Kon ook heerlik afkoel by een van die waterpoele. "
"Baie rustige plek met vriendelike mense. Wat my opval is die skoonheid van die strand."
"Daar is stalletjies. Als is naby en dit is baie still in sekere gebiede soos Parkland Island. "
"Beste kos by die Weskus Kombuis. Die gids by Voël-eiland was so vriendelik en het vrylik sy kennis gedeel met ons. Dit was die hoogtepunt van ons besoek. "
"Bredasdorp is lekker naby aan Arniston en Struisbaai as mens vir die dag wil uitry. "
Longacres Country Estate, Western Cape
Camelot Cottages"Dis pragtig, veral omdat ons in die begin van lente daar was. Die rustigheid was wat ons nodig gehad het."
"Dit is uit en uit die moeite werd om die area te besoek en die area rondom te besoek. Die pond & Infanta... Wow! Ons beplan 'n Desembervakansie op die pond - dit is 'n moet! Al wat sleg is, is die grondpad tot by die pond."
"Klein, maar besig. Vriendelike mense. Baie polisie teenwoordigheid. Interessante museum."
"4 Sheep het heerlike kos! Die wandelpaadjie op die rantjie agter die dorp bied ongelooflike uitsig oor die dorp met al sy mooi ou geboue."
"Tulbagh is geleë tussen die berge met pragtige wit geboue omtrent 130 kilometer van Kaapstad. Op 29 September 1969 het 'n aardbewing baie skade verrig en dit het gely tot groot restourasie. Daar is verskeie wynplase, eetplekke en museums om te gaan besoek. "
"Vermaaklikheid is n klein dorpie, beveel aan om maar soveel as moontlik saam te neem, want daar is slegs een klein huiswinkeltjie. Baie vriendelike gemeenskap, maar nie baie aktiwiteite nie. Stilbaai en Jongensfontein is slegs om die draai as jy die grondpad see toe volg. Daar is winkels en ook ander aktiwiteite. Vermaaklikheid is 'n perfekte wegbreekplek sonder enige steurnisse."