Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Greyton is n skilderagtige dorpie met welige tuine waar rankrosies wild die wêreld versier. Dit is hoofsaaklik 'n kuns dorpie so as jy van skilder, beeldhou werk, craft bier, en geurige en keurige kos dan is dit perfek vir jou. 'n Ware toevlugsoord uit die gewoel van jou elke dagse bestaan. Dis baie landelik en niks snaaks as loslopende perde heel rustig in die hoofstraat afstap of as 'n perdekarretjie klop-klop verby draf op pad na iewers of êrens. Die mense koester nog kind en dier en is in harmonie met die natuur om hul. As jy in die berg wil gaan stap of 'n rustige koppie koffie wil geniet, gaan spandeer tyd in Greyton."
"Ons was jare gelede op Plettenbergbaai en was aangenaam verras met alles wat ons daar aangetref het. Dorp en omgewing is ongelooflik skoon, gasvry en veilig en ons het elke oomblik geniet. Weer was nie baie geskik vir swem gedurende ons verblyf nie, maar daar was meer as genoeg om te doen en te geniet."
Breede River Valley, Western Cape
Glen Eden Farm Guest Cottages"Baie mooi plek, net 'n groot jammerte van al die stop en go's."
"Vir ons wat van die Karoo af kom is dit die naaste groot hospitaal. Ook baie gerieflik vir inkopies."
"Op die dorp self is daar geen opgesmuktheid nie; dus as jy 'n plaasmens is, sal jy dit geniet. 'n Besoek aan die M=mall sal jou verras."
"Dis 'n pragtige strand, maar daar is plek-plek meer plastiek en gemors as skulpe. Ek het probeer optel en weggooi, maar die asblikke is ook ver uitmekaar. "
"Ek sal definitief stop by die padstalle (veral Houwhoek vir sy lekker pasteie en Dassiesfontein). Ons was by Cornellskop wat baie naby is vir 'n ongelooflike toer om hulle wilde diere te sien - die beste ervaring! "
"Vriendelike dorpsmense. Heerlike koffiewinkels en winkels het als wat jy mag nodig kry."
"Not much to do in Lambert's bay, however, it was enjoyable for a relaxing time away from city life."
"Franschhoek is 'n betowerende dorp met ongelooflike goeie wynplase en restaurante om van te kies en te keur. "
"We were lucky to see whales while feasting at Muisbosskerm and enjoying amazing sunset views. We will definitely return with the rest of the family. "
"As jy wil weg breek om te rus, is Jacobsbaai die plek om dit te doen."