Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.
"Oulike dorp waar ons kleintyd vakansie gehou het. Besig oor die naweke en vakansiedae wat seker nie in almal se smaak sal wees nie."
"Heerlik by die markie rondgeloop, 'n bier-proe gedoen, die droë vrugte winkel besoek, muskadel daar geproe en die aand by Mimosa Inn gaan "fine dine"."
"Ons het slegs familie gaan besoek maar was verbaas oor hoe baie daar te doen was. Lekker restaurante en die strand sommer naby. Die omgewing is nou pragtig nadat die area by die strand opgegradeer is met die looparea. "
"Dis 'n lekker Weskus dorpie. Baie mooi uitsigte vir foto's neem. Mooi kayak geleenthede vir vroegoggend."
"Die Porter tuin 'n moet om te besoek , aanbeveel deur Phabion by Fijnbos Lodge en Spa."
"Dit was ons eerste besoek ooit aan Yzerfontein, 'n heerlike rustige dorpie met soveel genot."
"Lovely place, very chilled, most shops and businesses closed on a Saturday afternoon."
"Vriendelike mense. Baie lekker geëet by T-junction. Die dorp is net baie klein. Daar's genoeg om jou 'n dag besig te hou maar daarna sal jy na n ander dorp moet ry."
"Baie rustige plek, maar so baie om te doen en te sien. Baie lekker eetplekke."
"Picture perfect, with unique, hidden gems along the way."
"'n Pragtige stil kusdorpie langs die see met pragtige uitsigte oor die see of binneland na die berge."