Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1930 resensies.
"Wonderlik, behalwe die vreeslike duur/gemiddelde kos by Watergat restaurant. "
Mjejane Game Reserve, Wild Frontier
Manzini River House"As julle julle hoofpad bietjie opknap sal dit 'n pragtige plek wees om te gaan vakansie hou. Die pad is baie besig dus is die pad uitgery, lelik en stowwerig."
"Ons het al verskeie kere in Marlothpark gebly en dit was elke keer heerlik en ons het nooit onveilig gevoel nie."
"Dit is vir ons baie lekker om te kuier in Marlothpark, en gaan ons graag daarna toe. Heerlik om net lekker te gaan rus en die pragtige natuur te kan geniet daar!"
"As jy wil rustig wees en ontspan is Marlothpark definitief die plek."
"Marloth Park is a wonderful holiday destination for relaxation and being one with nature."
"Marlothpark se grondpaaie kan gerus meer aandag kry. Verder geniet ek elke kuier daar werklik baie. "
"Marlothpark bied baie vir die gaste aan en is ook naby om dagbesoeke in die Krugerwildtuin te gaan doen."
"Hemel op aarde. Wens net die mense wil nie so vinnig ry in Seekoeistraat. Kinders het ook die supertubes baie geniet by the Bush center."
"Het al menigmaal Marlothpark besoek en het al verskeie huise gehuur en dit is vir ons heerlik om Marlothpark toe te gaan en die handewerk van ons skepper naamlik die natuur en die diere, asook die rustigheid in te drink en net weer tot verhaal te kom na die gejaag in die stad."
"Marlothpark bly een lekker rustige plek as jy wil ontspan en die natuur wil geniet en ook baie diere om te sien en die oulikste vlakvarke ooit."
"Ons sal beslis weer daarna toe gaan as ons 'n rustige atmosfeer soek en sal lekker as familie saam kan kuier."
"Bietjie bekommerd oor die rookbeleid by die restaurante - daar blyk geen te wees nie. Rokers rook waar algemene publiek sit (en kinders) en eienaars doen niks daaromtrent. As dit rook-areas is moet hul mens waarsku en nie kinders daar toelaat."