Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1037 reviews.
"Die hele omgewing is skoon en die dorpie is die vriendelikste wat ons nog beleef het van n kus dorpie, al die mense is vriendelik en behulpsaam en pryse is ook redelik by restaurante en winkels."
"Die toestand van die dorp het agter uit gegaan. Vir die eerste keer potholes opgemerk. Strand is vol olie en drankbottels gewees. Cape Vidal wat naby is het dit egter die moeite werd gemaak. "
"So mooi die see koeie is natuurlik die grootse aantrekking van alles en die mense van die dorp is so verwelkomende."
"Die plek het 'n baie swak swem strand vir mense met kinders wat hou van swem nie vir mense wat wil ontspan ,rus en geniet nie."
"Dynamisch dorp, mooie golfbaan en genoeg te zien. Cultural village goed en boardwalk super mooi."
"Die dorp is ongelukkig baie verwaarloos en vuil. Kon 'n mooi plekkie gewees het indien elkeen sy deel gedoen het."
"Dit is asembenemend mooi! Ek sal almal aanraai om die rit op die vleiland mee te maak. Dit was die hoogtepunt van ons vakansie. Die bestemming is definitief die moeite werd!"
"Beste bestemming om lekker vis te vang, die natuur en wild te geniet en lekker op die strand te baljaar!"
"Dit is 'n baie lekker area en dit is baie mooi en die swemstrande is skoon en binne bereik, mits jy 'n 4x4 voertuig het."
"St Lucia bly 'n pragtige dorpie, baie skoon en ek hou van die deursoek van die voertuie by al die belangrike plekke!"
"Die besienswaardighede se tariewe is uitsonderlike hoog en onbetaalbaar veral as jy 'n groot gesin is. "
"As Rino Club kaart houers, het ons verkies om Cape Vidal toe te gaan."