Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1022 reviews.
"My vrou het dit baie geniet en my kind het mal gegaan oor die seekoeie en krokodille."
"Hluhluwe dorpie self het geen toerismewaarde nie, St Lucia het 'n beter infrastruktuur en winkels."
"Damwal en uikykpunt is vuil en onversorg. Verkeer in Jozini is 'n probleem. Ek het nog nie self by of naby die dam vakansie gehou nie behalwe een jagekspedisie in die Pongola Natuur reservaat wat baie goed was"
"Sy Lucia is 'n puik bestemming. Ons sal verseker weer daarheen gaan."
"Uitstekende visvang-bestemming. Die yacht club is baie netjies en akkommoderend vir kinders. Alkant strand kort ordentelike toilet geriewe wat werk, met 'n behoorlike kafeteria om iets te kan koop om te eet en te drink. Dalk weens die fees seisoen, maar die grasperk voor die strand was besoedel met gebreekte glasstukke."
"A great place to go to have all the Big Five and the iSimangaliso Heritage Park so close to each other."
"Die luiperde kan jy sien in die straat op pad huis toe en seekoeie. Die seekoeie is soos straatwagte en daarom is baie plekke na 19:00 toe. Beste straat wagte ooit."
"As jy lief is vir mooi natuur en hou van stap is dit n lekker bestemming. Die dorpie is skoon en rustig."
"Ek was mal oor die mooi strand en see, dis mooi skoon en jy kan orals swem en selfs op die strand ry en parkeer. Daar is ook 'n klein restaurant op die strand."
"'n Netjies dorpie en omgewing met baie potensiaal wat onderbenut word deur plaaslike owerheid. Die oorbeklemtoning van "geen alkohol" is frustrerend want die strande is steeds vol bottels en gemors en werkers lewer oneffektiewe diens. Beskikbaarheid van info oor wat waar gedoen kan word is gebrekkig en teenstrydig, en veral watse lisensies en permitte word benodig en waarvoor. As 'n permit benodig word, dan moet dit beskikbaar wees by die kantoor op die grond en nie 30 km verder nie, bv. hengellisensies word nie uitgereik by Cape Vidal nie maar by poskantoor op St Lucia nie!"
"As we came from the Kruger Park where we saw the big 5 we actually were looking for something else - we did get that partly but maybe we were spoiled. Still we enjoyed it very much and would certainly recommend Bonamanzi."
"Ons was baie gelukkig om die bosloerie (Nerina Trogon) daar te sien! Wat 'n pragtige voël. "
"Die dorpie het vir ons baie agteruit gegaan vanaf ons 2 jaar terug daar deur gery het, die paaie is in slegte toestand. Baie trokke op die pad, maar dit is maar ongelukkig deel van ons lewe deesdae, meer trokke en minder treine. Verder baie mooi area, bid vir reën vir hulle want dit is baie droog."
"Baie lekker weer en area om maklik vir drie weke weg te breek. Baie om te sien en doen. Cape Vidal is net 'n klipgooi ver, asook iSimangaliso."
"Die dorpie het 'n eg Afrika-atmosfeer. Die dam was egter net 27% vol. Langs die pad stilgehou vir foto's. Pragtige panoramas. Ons wil beslis weer Rosegarden en Pongolapoortdam besoek na die reënseisoen. Dit was 'n besonderse ervaring !"
"They must add transport for those from town like Uber or Taxify."
"Hulle mark is meer gemik op oorsese toeriste. Party van die pryse is bietjie oordadig. Cape Vidal en iSimangaliso park is 'n lekker uitstappie. "