+34
Selfsorg in Sandbaai

30 Branderdraai

10 gaste

5 slaapkamers

8 beddens

3 badkamers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 30 Branderdraai Street, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

30 Branderdraai spog met 'n ononderbroke uitsigte oor Walkerbaai en het 'n pragtige ligging bokant die staproete vanaf Sandbaai tot Onrusrivier, direk voor die water. Hierdie is die ideale plek om saam met vriende en familie te ontspan en gaste kan na Sandbaai of Onrus se strand stap.

Dié seefronthuis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n wasbak, toilet en 'n stort en het elk 'n manjifieke see-uitsig. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Gaste in die tweede, derde en vierde slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad.

Die aparte ateljeewoonstel het 'n vyfde slaapkamer met 'n dubbelbed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n wasbak, toilet en 'n stort. Daar is ook 'n kombuisie. Alle linne, handdoeke en 'n haardroër word voorsien. Elke slaapkamer het 'n verwarmer.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sit-, eetarea en 'n binnebraai. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV met sekere DStv-kanale, asook internet. Die leefarea se stapeldeure lei na 'n stoep met 'n see-uitsig. Die kombuis is met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, stoof, 'n oond, breekware en eetgerei toegerus. Die waskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser.

Die huis het 'n alarmstelsel, diefwering, 24 uur-reaksies en 'n veiligheidsdeur. Daar is onderdakparkeerplek op die perseel. Die huis is ook aan die straat se kant omhein.

Hierdie verblyf bied direkte toegang tot die kuspaadjie wat vanaf Sandbaai se strand na die Onrus se strand lei. Dit is slegs 250 m vanaf Sandbaai se strand en 350 m vanaf Onrus se strand. Die kusstrook tussen Sandbaai en Onrus is veral onder branderplankryers, hengelaars, vissers en duikers bekend.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Catherine T
5.0
Relaxing holiday. Chris was extremely helpful. Wonderful location. Stunning view of the sea and lovely walks. Great family holiday home...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2026
Shaun M
Saam met vriende
5.0
Was great. The owner was there to receive us. He was super nice and explained everything we needed to know.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Heino W
5.0
Genoeg spasie, bitter mooi uitsig, gemaklik, skoon en netjies. Baie lekker plek. Baie ruim plek, tog is die kamers so dat niemand gesteur word nie. Di...
Sien meer
Mei 2025
Sonja F
4.8
Beste ligging waar ons nog gebly het. Alles wat jy nodig het. Baie netjies en gerieflik. Kan nie vra vir 'n beter uitsig. Winkels en wynroete naby. Wi...
Sien meer
Mei 2025
Ayamangalisa B
Besigheidsreis
4.8
Great. OMG the place was beautiful, the views as well. Our host was so pleasant and had so much to share. Such a beautiful soul.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Chris Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 30 Branderdraai Street, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink 30 Branderdraai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 250
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 250
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 4 250
per nag (plek vir 10)
Bespreek

30 Branderdraai Street, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7601ac194c30055dfe2cdea101e06f56f946cc0dfa03e62ac5fa17b3ab0b98450590d346e0d7f02b024453280c11adaf32f2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 250 per nag (plek vir 10) 29 5 1 5 30 Branderdraai Street Sandbaai 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.420923 19.184795

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang