30 Branderdraai

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

30 Branderdraai bied ‘n onbelemmerde uitsig oor Walkerbaai en het 'n besondere ligging bokant die wandelpad van Sandbaai na Onrusrivier. Dit is ideaal om rustig saam met vriende en familie te ontspan of te stap Sandbaai en Onrus se strand.

Dié huis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n koningingrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde kamer het 2 enkelbeddens. Die vierde kamer het ‘n dubbelbed en die tweede badkamer het ‘n stort en bad.

Die aparte ateljeewoonstel (met 'n vyfde slaapkamer) het ‘n koningingrootte-bed, ‘n enkelbed, kombuisie en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet. Linne, handdoeke en 'n haardroër word voorsien. Elke kamer het ook ‘n verwarmer.

Die oopplan-leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n binnebraai. Die sitarea het gemaklike rusbanke en stoele, ‘n kaggel, TV met DStv en internet. Die leefarea het stapeldeure na die stoep wat uitkyk oor die see.
Die kombuis is toegerus met ‘n yskas, vrieskas, mikrogolf, stoof met oond en volledige eetgerei en breekware. Die opwaskamer het 'n wasmasjien.

Die huis het ‘n alarmstelsel en diefwering. Daar is onderdakparkeerplek en ‘n heining aan die straat se kant.

Die kuspaadjie lei vanaf Sandbaai-strand tot by Onrus-strand en is net 250 m vanaf Sandbaai-strand en 350 m vanaf Onrus-strand. Die kusstrook tussen Sandbaai en Onrus is gewild onder branderplankryers, hengelaars, vissermanne en duikers.

Slaapplek

'n Bespreking by 30 Branderdraai sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 30 Branderdraai gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za