- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 38 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kriedoringstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 799 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Abalone Hotel is in die oulike kusdorpie Paternoster, een van die oudste vissersdorpies aan die Weskus. Dié luukse boetiekhotel is die ideale basis vanwaar gaste die dorp en omliggende besienswaardighede kan verken.
Verblyf word in individuele suites gebied. Sommige suites is op die grondverdieping geleë en ander op die eerste verdieping. Elke suite het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Daar is ook luukse linne, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler, lugversorging, 'n iPod-koppelstasie en 'n kroegie vol voorraad.
Ontbyt en ander heerlike maaltye kan teen ekstra koste in die restaurant op die perseel bestel word. Die hotel bied gratis WiFi, 2 warmswembaddens, sauna en spa en konferensiegeriewe te huur.
Daar is 'n rits aktiwiteite vir gaste om in die omgewing te geniet, soos perdry, visvang, voëlkyk, wynproe, fietsry, wildkyk en begeleide staptogte.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Wasgoeddiens
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Abalone Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 13
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Kriedoringstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Abalone Hotel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bek Bay Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 38 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kriedoringstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom