AC508 - On the Beach 43 Penthouse
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 09:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sandpiperstraat, On The Beach-kompleks, Swakopmund, 0000, Erongo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 550 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
AC508 - On the Beach 43 Penthouse is 'n stylvolle selfsorg-dupleksdakwoonstel in die veilige On the Beach-kompleks 6 km vanaf Swakopmund se middedorp. Dié woonstel bied 'n pragtige uitsig oor die Atlantiese Oseaan en is naby die bekende Wreck Restaurant en die nuutgeboude Platz Am Meer-winkelsentrum.
Die woonstel het 'n ruim oopplan-leefarea met 'n pragtige uitsig. Die sitarea het 'n groot L-vormige bank, 'n platskerm-TV en 'n kaggel. Die kombuis en eetkamer het luukse afwerkings. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond en 'n toonbank met stoele toegerus.
Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Daar is 'n tweede sit- en kroegarea op die tweede verdieping met 'n TV, wynyskas en 'n ysmasjien. Die kuirerarea het sy eie kombuis met 'n gasstoof en 'n skottelgoedwasser. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8 in die eetarea. Die woonstel het 'n ingeboude gasbraai. Die groot glasskuifdeur lei na 'n veranda. Van daar af is daar trappe wat na 'n groot dek lei wat ideaal is vir vakansiegangers. Die dek is ideaal vir ontspanning met 'n boek of om net die pragtige see-uitsig te geniet.
Slaapplek
’n Bespreking by AC508 - On the Beach 43 Penthouse sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Christine Geverifieer
Eiendomme 23
Resensies 63
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Sandpiperstraat, On The Beach-kompleks, Swakopmund, 0000, Erongo
- Gaste dink AC508 - On the Beach 43 Penthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vogelstrand Swakopmund Erongo Namibië
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 09:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sandpiperstraat, On The Beach-kompleks, Swakopmund, 0000, Erongo
- Alle ouderdomme is welkom