3 gaste
1 slaapkamer
2 beds
1 badkamer
- 3 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - 29 Voortrekker Street, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap Sien kaart
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Albatross No. 3 is 'n selfsorgwoonstel in Lambertsbaai, 'n rustige vissersdorpie in die Wes-Kus, sowat 2,5 uur buite Kaapstad. Die eenheid is in 'n kompleks met 7 ander eenhede geleë.
Die eenheid het 'n slaapbank wat 'n ekstra kind kan akkommodeer.
Die woonstel is op die grondvloer en bied slaapplek vir 3 gaste in 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n enkelbed in die oopplan-leefarea. Daar is 'n ingeboude L-vormige bank wat in 'n enkelbed omskep kan word, geskik vir 'n kind. Laat ons asb. weet indien jy vir 'n ekstra kind wil bespreek.
Die badkamer het 'n instapstort met 'n oorhoofse stort, asook 'n handstort teen die muur, 'n wasbak en 'n toilet met 'n handreling teen die muur.
Die woonstel beskik oor 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea met 'n see-uitsig. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, 'n yskas, vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamerarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere plaaslike kanale. Die eenheid het buite-braaigeriewe.
Die woonstel front na die see en is ideaal geleë en 'n entjie van die strand, plaaslike winkels en restaurante af.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Helga Geverifieer
Eiendomme 13
Resensies 508
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 29 Voortrekker Street, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Albatross No. 3 het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
29 Voortrekker Street, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap
Sien kaart- 3 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 -
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang