+22
Hotel in Albertinia

Albertinia Hotel

  • Slaapplek vir 14 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 61 Main Road, Albertinia, 6695, Wes-Kaap Sien kaart
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die bekoorlike en unieke Albertinia Hotel is in 1900 gevestig en het sedertdien 'n uitstekende naam opgebou vir plattelandse gasvryheid en Tuinroete-verblyf op sy beste. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid op die Tuinroete.

Die wonderlike atmosfeer, kos, gerieflike verblyf en goeie diens het die hotel nasionaal en internasionaal bekend gemaak. Die verblyf bestaan uit 10 slaapkamers wat elk uniek versier is. Die kamers is ingerig met of 'n enkelbed, dubbelbed of 2 enkelbeddens. Elke kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Geriewe in die kamers sluit 'n waaier, verwarmer, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Gaste kan 'n heerlike ontbyt geniet in die restaurant op die perseel. Die restaurant bedien ook ander puik etes wat ietwat legendaries geword het. Daar is 'n kroeg met goeie voorraad, waar verskeie drankies bestel kan word. Vir ons sakereisigers bied Albertinia Hotel konferensiegeriewe en ons het ook 'n venue vir troues en sosiale geleenthede. Spyseniering is beskikbaar.

Parkeerplek is beskikbaar vir voertuie op die perseel. Die dorpie self is klein en rustig en geleë teen die voet van die Langeberge op die Tuinroete. Die Jakkalsvlei Wynkelder is net 'n entjie met die straat op en is oop vir die publiek.

Gebruik Albertinia Hotel as jou blyplek as jy die verskillende doendinge en besienswaardighede van die omgewing op die proef stel. Ander prettige doendinge wat gaste kan geniet sluit in: gholf, voëlkyk, wildritte, 4x4-roetes, hengel en fabrieke wat aalwynprodukte vervaardig. Dit alles is binne 10 minute se ry van ons af.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.2
Waarde vir geld
3.9
Diens
4.4
Veiligheid
4.2
Gaste se hoogtepunte
Alneshia A
5.0
Awesome. It was awesome, friendly staff, the rooms were perfect for the cold weather. They have electric blankets and the works.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2026
Johan N
5.0
Aangename hotel om te oornag, met vriendelike en hulpvaardige personeel. N wonderlike verblyf gehad, netjiese kamer/badkamer en goed toegerus. Heerlik...
Sien meer
Feb 2026
Schalk V
5.0
Good stop before game drive at GR game lodge. We had welcoming staff, comfortable beds, and good showers.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Yasser M
5.0
Great price and value for money. I booked this accommodation for my driver, he enjoyed his stay at Albertinia Hotel and it was convenie...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Pat B
Saam met lewensmaat
4.0
On the edge of being ok. For the price and location, it was ok. But the rooms are small. Although we booked for two people, we only had...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Sebastian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 61 Main Road, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Gaste dink Albertinia Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 310
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 310
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 310
per nag, vir 2 mense
Bespreek

61 Main Road, Albertinia, 6695, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 14 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI3ZjVlZjFiLTQ1NGMtNDgzMC1hODczLTA2MGEzODYxODY3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 310 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 61 Main Road Albertinia 6695 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.203434957683 21.584779373016
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang