BC Stone Cottage
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kompasstraat 57, Kliprug, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 500R1 667 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
BC Stone Cottage is 'n selfsorg-familiehuis net om die draai van Hoof- en Kompasstraat in Paternoster. Die huis spog met 'n klein maar keurige tuin by die ingang en is naby aan die strand en talle bekende restaurante.
Die huis is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware, en daar is 'n toonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het gemaklike sitkamerbanke. Die eenheid het 'n platskerm-TV in die leefarea met Netflix en gratis WiFi. Daar is ook 'n kaggel in die huis en braaigeriewe buite.
Daar is 'n toesluitmotorhuis en parkeerplek vir een ekstra voertuig.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Sanet Geverifieer
Eiendomme 57
Resensies 753
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Kompasstraat 57, Kliprug, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink BC Stone Cottage het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Kliprug Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kompasstraat 57, Kliprug, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom