14 gaste
6 slaapkamers
10 beds
3 badkamers
- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 41 Beach Front Road, Sea Park, 4241, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Big Bay Beach House is 'n ruim en gemaklike huis wat perfek is vir 'n lekker wegbreek saam met vriende en familie.
Die huis is naby die strand en dit het 6 slaapkamers wat elk plafonwaaiers het. Daar is 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed, terwyl 2 driekwartbeddens het. Die oorblywende 2 slaapkamers is ideaal vir kinders en een beskik oor 'n enkelbed en stapelbed en die ander oor 2 enkelbeddens. Gaste deel die gebruik van 2 badkamers. Een badkamer het 'n bad en 'n stort en die tweede badkamer het 'n toilet, bad en stort. 'n Opelug-stort is ook beskikbaar.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n vrieskas, stoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en 2 yskaste. Daar is ook 'n opwaskamer en wasgoedgeriewe vir langer verblyftydperke. Vir korttermynverblyf is daar 'n heffing van toepassing vir wasgoeddienste. Gaste kan lekker in die sitkamer ontspan waar daar 'n TV en DVD-speler beskikbaar is. Die terras het 'n gasbraai en dit lei na 'n swembad en tuin. 'n Boma-vuurmaakplek is net 'n paar treetjies van die strand af beskikbaar.
Parkeerplek word op die perseel voorsien en die huis kan daagliks skoongemaak word teen 'n ekstra koste. Die huis se alarmstelsel is gekoppel aan 'n 24 uur-sekuriteitsmaatskappy met gewapende reaksie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Lorette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 41 Beach Front Road, Sea Park, 4241, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Big Bay Beach House het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
41 Beach Front Road, Sea Park, 4241, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang