Bungalow Ulusaba
8 gaste
4 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 8 gaste
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- 22 Victoria Road, Clifton, Cape Town, 8001, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Bungalow Ulusaba is 'n pragtige vakansiehuis met see-uitsigte in die eksklusiewe en gewilde woonbuurt Clifton. Die huis is op die trappe wat na die gewilde Derde Strand lei geleë en het pragtige uitsigte oor die see, strand en op die berge vanuit elke area.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers op die onderste verdieping, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea op die boonste verdieping.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en maak van 'n badkamer oorkant die gang met 'n instapstort gebruik. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en deel die gesinsbadkamer wat ook 'n instapstort het. Al vier slaapkamers het 'n skuifdeur wat na 'n klein tuin buite lei. Daar is ook lugversorging.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n Nespresso-koffiemasjien, ysmasjien, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.
Die eetarea het 'n kroegstyl-tafel met sitplek vir 12. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale teen die muur. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Dié gedeelte het ook 'n groot rusbank en 'n kaggel.
Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike patio buite met sitplek, gasbraaigeriewe en 'n plonspoel. 'n Enkelmotorhuis is net 'n klein entjie verder in Victoria-weg beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Esta-Marita Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 9
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 22 Victoria Road, Clifton, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
22 Victoria Road, Clifton, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Geen kinders
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang