+48
Gastehuis in Colesberg

Colesview Guest House

10% AF!
Spesiale aanbod
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 26 Jan 2026 tot 3 Des 2026.
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 23 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 37 Torenberg Street, Colesberg, 9795, Noord-Kaap Sien kaart
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Jou gasheer en -vrou, Alex en Rene Dumas, verwelkom jou graag by Colesview Guest House waar jou gemak en tevredenheid ons prioriteit is. Die gastehuis is in die dorp Colesberg geleë, 'n oase in die Karoo, en die perfekte halfpadmerk. Ons is gerieflik in die boonste deel van die dorp geleë, net 1 km vanaf die N1-hoofweg in 'n stil, residensiële area - net die resep vir 'n goeie nagrus op die langpad.

Ons kan 25 mense akkommodeer in 8 stylvolle, goed toegeruste kamers. Die kamers het aparte ingange en bied slaapplek vir 2 tot 6 mense elk, almal met en suite-badkamers (elk met 'n bad, stort of beide). Die kamers is goed toegerus met dubbelbeddens of 2 enkelbeddens. Hulle spog met gemaklike matrasse, skoon linne, plafonwaaiers, lugversorging, verwarmers, TV's met DStv, elektriese komberse in die winter, yskaste, kluise, mikrogolfoonde, broodroosters, basiese eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Bababeddens, haardroërs en ekstra matrasse is almal beskikbaar op versoek.

Die tarief sluit 'n kontinentale ontbyt met graanpap, jogurt, vrugte, muffins, vrugtesap, kaas, brood en smere in.

Daar is 'n TV-kamer waarin jy kan ontspan na 'n lang dag op die pad, 'n kristalhelder swembad waarin jy kan afkoel en 'n braai-area waar jy 'n vleisie oor die kole kan gooi of in die vakansie-bui kan kom. Ons het veilige, onderdakparkeerplek wat kan toesluit. Daar is ook oorgenoeg plek in die yskas-vrieskas vir jou proviand.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 283 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Valerie W
Saam met lewensmaat
5.0
Convenient, comfortable and good value. Comfortable, friendly, efficient, great location, good breakfast you can take with you and leav...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2026
Ilse D
5.0
Uitstekend. Ons het vreeslik lekker gebly. Dis netjies en skoon en baie oulik ingerig. Ek beveel hulle beslis aan vir oornag reis see toe. Sal hulle b...
Sien meer
Mrt 2026
Shaleen O
Saam met lewensmaat
5.0
Great stay. Warm welcome in the pouring rain. Great service, clean and basic toiletries supplied. Plus breakfast. Got an extra garage t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2026
Robin L
Saam met lewensmaat
5.0
As above. Extremely comfortable. Good service from the receptionist. The breakfast provided was exceptional. I have stayed there numero...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2026
Carel N
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gekuier, baie rustige en stil omgewing met heerlike restaurante. Oulike blyplek wat baie goed toegerus is. Kontinentale ontbyt was 'n groot pl...
Sien meer
Feb 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Charmaine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 283

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 37 Torenberg Street, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Colesview Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 068
10 % AF
R 1 068 R 962
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 068
10 % AF
R 1 068 R 962
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R1 068
10 % AF
R 1 068 R 962
per nag, vir 2 mense
Bespreek

37 Torenberg Street, Colesberg, 9795, Noord-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 23 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd1mj03S060WGTcoqeyHC17yK0gYgXyZcMCMcxzkJt9o83rFrF5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 068 nouVanaf R961 per nag, vir 2 mense 283 5 1 5 37 Torenberg Street Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -30.730390770221 25.087133443356
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang