Crocodile Nest
- Kapasiteit: 18 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N4, Nelspruit, 1207, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R650 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Crocodile Nest is op 'n sitrusplaas langs die N4-hoofweg geleë. Daar is heelwat verblyfopsies wat geskik is vir korttermyn- of langtermynverblyf in die Laeveld.
Crocodile Nest is in 'n groot, tropiese tuin geleë en sluit tradisionele rondawels, dubbel- en gesinskamers en netjiese houthutte in. Al die eenhede het en suite-badkamers en waaiers. Van die eenhede het ook basiese kombuisgeriewe. Die 4 houthuis-eenhede deel 'n gmeenskaplike kombuis met braaigeriewe buite in die tuin. Ontbyt is op aanvraag en teen ekstra koste beskikbaar.
Daar is 'n swembad en groot braai- en onthaalarea. Bring asb. jul eie swemhanddoeke. Daar is ook oorgenoeg parkeerplek vir sleepwaens, bote en groot voertuie. Die plaas is omhein deur 'n elektriese heining en 'n uitstekende sekuriteitsdiens staan wag. Troeteldiere word toegelaat, mits dit vooraf gereël word.
Die gastehuis is in die Krokodilrivier-vallei geleë, net 10 minute se ry vanaf Mbombela (Nelspruit).
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Terry Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 96
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- N4, Nelspruit, 1207, Mpumalanga
- Gaste dink Crocodile Nest het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 18 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N4, Nelspruit, 1207, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom