- Slaapplek vir 19 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Farm Wagendrift, Piet Retief, 2380, Mpumalanga Sien kaart
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Dusk to Dawn is 'n ruim plattelandse huis in die suidelike puntjie van Mpumalanga, die "plek waar die son opkom". Dusk to Dawn staan op 'n pragtige plaas van 1800 hektaar. Hier is heelwat boerdery-aktiwiteite, soos 'n groot, moderne varkboerdery, 'n melkery, beesboerdery, en mielies en hout word ook hier verbou. Hierdie aktiwiteite kan besigtig word op versoek.
Die eienaars het hul familiehuis omskep in 'n gerieflike halfweghuis vir toeriste en besoekers wat via die N2 op pad is na die Krugerwildtuin, of vanaf Gauteng na KwaZulu-Natal se Noordkus. Die Engelbrechts is die afstammelinge van Duitse sendelinge wat hulself in 1870 hier gevestig het. Hulle is die vyfde geslag en hulle praat steeds Duits by die huis.
Die verblyf het 6 eenhede wat slaapplek bied aan 19 gaste in totaal. Elke eenheid het lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n klein kroegie en sekere DStv-kanale.
Die ontbyt word elke oggend met groot hartlikheid bedien. Sodra gaste soggens die helder eetkamer betree word hul bederf met heerlike kos. Daar is 'n uitgebreide spyskaart wat gaste kan bestudeer met die opgewekte getjilp van voëltjies in die agtergrond.
Vir aandete kan gaste hulself help in die deli of 'n bederfpiekniek bestel. Die groot verskeidenheid het iets vir almal, selfs avontuurlustige smulpape, en al die etes word elke week voorberei met vars produkte. Dié geregte word in die kamer, in die tuinkamer met sy uitsig oor die swembad, of op die houtdek aan die onderkant van die tuin bedien. Gaste is natuurlik welkom om dit in die privaat eetareas van hul kamers of kothuis te nuttig. Elke eetarea is toegerus met luukse eetgerei, breekware, 'n yskassie en 'n mikrogolf.
Die tuin is 'n pretpark vir kinders - daar is 'n swembad wat deur sonkrag verhit word, 'n boomhuis met 'n klimraam en 'n hangmat. Johnny's Arc is daar vir kinders om plaasdiere, soos hoenders, eende, ganse, poue, skape en bokke van nader te leer ken.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Gudrun Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Farm Wagendrift, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
- Gaste dink Dusk to Dawn Farm Guest House het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Farm Wagendrift, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
Sien kaart- Slaapplek vir 19 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 -
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Teken in om by gunstelinge te voeg Teken in om gunstelinge te sien Teken in om besprekings te sien Teken in om Rewards te sien Teken in om profiel te sien Teken in om eiendomme te sien Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken in of registreer om eiendomme by jou gunstelinge te voeg Teken in of registreer om toegang tot jou gestoorde eiendomme te kry Teken in of registreer om toegang tot jou besprekingsgeskiedenis te kry Teken in of registreer om toegang tot jou LekkeSlaap Rewards te kry Teken in of registreer om toegang tot jou profielbesonderhede te kry Teken in of registreer om toegang tot jou eiendomme te kry Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang