Pick your preferred language

English

Afrikaans

+23
Selfsorg in Bothastrand

Beach House Merak

6 gaste

3 slaapkamers

4 beds

2 badkamers

  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 27 Kloof Street, Dwarswegstrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Beach House Merak is in Groot-Brakrivier, Dwarswegstrand en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n bekoorlike houtstrandhuis met see-uitsigte. Dié huis is stapafstand van die mooi strand af. Gaste word gesuis deur die klank van die branders en kan uitsigte oor die see vanaf die boonste en onderste dek asook die slaapkamers af geniet. Gaste kan dalk ook 'n dolfyn of 2 gewaar.

Daar is 3 slaapkamers en 2 vol badkamers op die onderste vloer. Die hoofslaapkamer bied 'n see-uitsig en het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n aantrekkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak.

Die uitleg van die huis is van so 'n aard dat gaste die beste see-uitsigte kan geniet. Op die eerste verdieping is daar 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, stoof en oond, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die kombuis het ook 'n ontbyttoonbank. In die leefarea is daar 'n etenstafel en stoele en in die sitarea is daar 'n TV en kaggel. Die dek aan die voorkant van die huis het stoepmeubels, braaigeriewe en gemakstoele. Daar is 1 parkeerplek in die motorhuis beskikbaar.

Die ligging van die huis is ideaal vir diegene wat die Tuinroete wil verken met al sy besienswaardighede, staproetes en avonture. Gaste kan strandlangs stap na die skeepswrak naby Glentana, gholfspeel in George, walviskyk in Mosselbaai, 'n wildrit geniet in die Botlierskop Private Game Reserve, gaan stap in die Outeniekwa Nasionale Park of smul aan seekos al langs die kus. Daar is 'n paar plaaslike inligtingsboeke in die huis.

Beach House Merak het 'n sonkragstelsel geïnstalleer wat dinge geriefliker tydens beurtkrag maak.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Mike P
Saam met vriende
5.0
Very comfortable, more than we expected. Very quiet and peaceful, fully equipped, well maintained, and extremely clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Wilmare B
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike kuier in 'n prentjie mooi huis. Ons het baie lekker gebly. Gesin van 4 met ouma en oupa saam. Die huis is pragtig en ruim en het alles wat jy...
Sien meer
Apr 2025
Charlene H
Saam met vriende
4.8
Lovely. Our stay was very comfortable, neat, with beautiful views of the sea, and I will recommend it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Derick H
Saam met lewensmaat
4.8
4 dae wegbreek. Beslis - ruim huis met goeie geriewe en dekor.
Mrt 2025
Herman V
Gesin met tieners
4.6
Pragtige uitsig op die see en lekker braaigeriewe op die stoep. Heerlik gebly. Uitstekende verblyf met goeie geriewe. Eienaars baie tegemoetkomend vir...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lindie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 27 Kloof Street, Dwarswegstrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach House Merak het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 400
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 400
per nag (plek vir 6)
Bespreek

27 Kloof Street, Dwarswegstrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA79afd36afb3df215ff0e89580d7a719ef1e6b5043259c936cec36eb8420a27d981fbfc0bfe04ac942f1252ce8af7e18238c2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6) 28 5 1 5 27 Kloof Street Dwarswegstrand 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.050564637216 22.277125410919
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang