Gastehuis in Fraserburg

Eselfontein Gasteplaas

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Melanie B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2025

Hoogland Karoo hoogtepunt. Alles was fantasties - baie gasvrye mense en 'n absoluut beeldskone omgewing. Sterre, voëls kyk, vuurmaak en iets braai in die outydse lapa met bossiesheining beskut was als heerlik. Wonderlike groot, warm broodrolle met botter en tuisgemaakte appelkooskonfyt, 'n pak met 2 bevrore stukke lamsribbetjies in die vrieskas en 'n heerlike verskeidenheid beskuit in 'n fles by die koffie-en-tee stasie in die kombuis het ons ingewag. Die grasperk voor die huis is baie gemaklik in die hoogsomer onder die boom by 'n sementtafel en stoele. Die mooi skoon sementdam met die windpomp langsaan is 'n lafenis met 'n uitsig oor dié spesiale stuk van die Groot Karoo wat mens verwonderd laat. Mikrogolf, ketel, lugbraaier, AGA stoof, broodrooster en allerlei ander nuttige toebehore. Selfs die nodige om brood te bak (panne, mengbakke ens)! Die grondpad daarheen se toestand is sinkplaterig net by sekere dele, en is heeltemal gemaklik begaanbaar sonder 'n 4x4. Een van die lekker goed van hier bly is dat dit 'n regte-egte werkende skaapplaas is! Ongeveer 100m of so van die verblyf is 'n plaaswerkershuis. Die klein plaaskindertjies het kort na ons aankoms oorgestap en daarna vir die meeste van die naweek gereeld kom speel en gesels by ons. Vir my was dit baie kosbaar en oulik en ek het hulle geniet en lekker gesels. Vir my man het weer inbreuk gemaak op die absolute isolasie en privaatheid waarna hy verlang het van ons verblyfkeuse - ons gaan eintlik so diep die Karoo in vir isolasie en privaatheid van almal en als (insluitend kinders, hoe lief en dierbaar ookal), so vir hom was die kleintjies se teenwoordigheid nie ideaal nie. Indien jy meer soos my man voel as soos ek, beveel ek aan om miskien net vroegtydig met die gasheerpaar te reël dat daar geen besoektye moet wees indien die kleintjies se teenwoordigheid moontlik steurend kan wees vir jou. Hulle is regtig wonderlike gashere en ek is seker hulle sal akkommoderend wees en dit ooreenstemmig reël indien mens verkies om liewer nie besoek te ontvang nie! Baie dankie dat ons hier kon vertoef - dit was regtig baie spesiaal.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lindi G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2025

Heerlik ontspannende verblyf in die mooi Karoo, boonop met baie gasvryheid. Ons kuier op Eselfontein was heerlik! Pieter is baie gasvry en het ons sommer op 'n lekker uitstappie op hulle mooi plaas geneem. Ons het lekker ontspan en gerus en hoop om gou weer te gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

James L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Waarde vir geld en vriendelike gasheer. Netjiese opset met baie vriendelike gasheer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Carmen V
1 nag Saam met vriende
5.0
Sep 2025

Heerlik. Vrede vir die siel op Eselfontein. Pieter en sy vrou is gasvrye, omgee mense met 'n besondere geskiedenis om te deel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hansie O
1 nag Saam met vriende
5.0
Aug 2025

Heerlike plaasverblyf in 'n pragtige omgewing. Dit was 'n heerlike oornagplaas met 'n baie vriendelike gasheer. Ek sal vir seker weer inloer as ek in die omgewing is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacques V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2025

Baie lekker, gaan definitief weer. Selfs in die ysige koue het ons baie lekker warm gebly. Gasheer maak jou deel van die plaas en wat hulle daagliks doen. Ek gaan weer kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Retha H
1 nag
5.0
Jul 2025

Warm Karoo-gasvryheid en heerlike varsgebakte brood het die koue sommer vinnig. Ons is vriendelik ontvang en die gasheer het eers boerderysake gesels. Die huisie is gerieflik en is in 'n pragtige omgewing geleë. Dis seker die wasgoedlyn met die mooiste uitsig!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Richard R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2025

A great experience in the Great Karoo. We were greeted with a basket filled with freshly baked breads, homemade jam and farm butter. It was delicious. We were mesmerised by the beautiful landscape, vastness and peace. The mountains and rocky outcrops make you think you're on a different planet when driving to and through the farm. You always read/hear that people from the Karoo are friendly, salt of the earth, grateful people - the hosts are no exception. Thank you for welcoming us onto your farm and making us feel at home.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2025

Rustigheid; natuurskoon absoluut kos vir die siel. Verblyf was baie lekker, gasheer was baie vriendelik en het uit sy pad gegaan om ons tuis te laat voel. Broodjie wat sy vrou gebak het was heerlik. Het heerlik geslaap. Alles was baie netjies, natuur was asemrowend. Gasheer het ons Saterdag saamgenooi om saam te ry, het stories van die plaas en skape baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marinda K
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2025

Heerlike wegbreekplek op 'n werkende plaas en oop ruimtes om na hartelus te stap. Wens ons kon sommer 'n maand bly! Dit voel amper soos om by familie te kuier met vars broodjies met die aankoms en 'n goed toegeruste huis. Ons het heerlik ontspan en vir ure lank in die veld geloop en die skape en lammetjies dopgehou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 52

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
R 1 800
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 800
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Rante Pad, Eselfontein, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA536e03c16663be2a234a2c46aba30acc7f2e3114924fd0e4a85232b83324bf337295c7fa891ae6155784ee332571dbd8aebf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 52 5 1 5 Rante Pad Eselfontein 6960 Noord-Kaap 021 201 8901 12:00-22:00 10:00 -32.144572530872 21.407246589661
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang