Hotel Sky Cape Town
- Kapasiteit: 514 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lower Long-straat 9, Foreshore, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Hotel Sky Cape Town is 'n nuwe toevoeging tot die ikoniese Kaapstad-silhouëtte. Die hotel spog met een van die beste addresse in die stadskom, direk oorkant die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum.
Die hotel het 535 pragtige kamers en suites. Dit is die ideale bestemming vir beide plaaslike en internasionale sakereisigers en vakansiegangers. Elke kamer het sy eie en suite-badkamer, 300-draadtelling linne, 'n slim-TV sodat gaste flieks en reekse kan stroom, 'n kluis groot genoeg vir 'n skootrekenaar en onbeperkte, vinnige WiFi-toegang.
In geval die ideale ligging en pragtige kamers nie genoeg is nie, bied die hotel ook ongeëwenaarde, panoramiese uitsigte vanuit meeste van die verdiepings oor die stadskom tot by Tafelberg, en uit oor die Waterfront en Tafelbaai. Die luukse Infinity Restaurant op die 26ste verdieping bied die heel mooiste uitsig in die hotel.
Die restaurant kombineer 360-grade berg- en see-uitsigte met wolkekrabber-fynproewersmaaltye. Die restaurant spog met 'n stylvolle aanleg en 'n verskeidenheid drankies en moderne disse wat met vars, topgehalte-bestanddele gemaak word.
Die Sky Hi Ride op die 28ste verdieping van die hotel torin 35 m bo die Kaapse stadskom uit en bied 'n onbelemmerde uitsig oor een van die mooiste stede in die wêreld. Die opwindende en asemrowende rit verontagsaam swaartekrag en bereik 'n vryvalspoed van tot en met 100 km per uur.
Ander hotelgeriewe sluit robotte in wat aangedryf word deur kunsmatige intelligensie. Hier smelt moderne tegnologie saam met die klassieke en gerieflike gasvryheid wat gaste nou al verwag van die Hotel Sky.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Portier
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Hotel Sky CT Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Jare op LekkeSlaap 2
Ligging
- Lower Long-straat 9, Foreshore, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Gaste dink Hotel Sky Cape Town het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Strandgebied Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 514 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lower Long-straat 9, Foreshore, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom