Pick your preferred language

English

Afrikaans

+40
Selfsorg in Marlothpark

Marloth Wild Fig

  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 1538 Volstruis Street, Marloth Park, Marloth Park, 1321, Mpumalanga Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Marloth Wild Fig bied 'n rustige toevlugsoord in die ongerepte bosveld van Marloth Park. Dit is ongeveer 5 minute se stap deur die bosveld na die Krokodilrivier, wat langs die Krugerwildtuin is. Marloth Park is 'n tipiese wildreservaat en vakansiedorp en is geleë aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Dit is 'n gewilde oornagplek vir toeriste wat na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek reis, en bied 'n kans om vyf van die bekende Groot Vyf te sien.

Die HUIS en ATELJEE gebruik sonkrag en ervaar nie kragonderbrekings nie. Die Huis het 3 lugversorgers en die ATELJEE het 1. Beide eenhede bied 'n platskerm-TV met toegang tot jou eie Netflix en DStv-rekening, sowel as YouTube met gratis WiFi. Beide eenhede het 'n privaat braai-area. Hulle is privaat van mekaar, die buite leefarea van die huis kyk suid en dié van die ateljee kyk noord, met n deurgang wat die 2 eenhede skei.

Die HUIS bied 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste, en elke kamer het 'n en suite-badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed terwyl die tweede slaapkamer (boonste vlak) 2 enkelbeddens het. Beide het n stort. n 3de Stort is buite. Langs die lapa is ook 'n lieflike klein swembad waar gaste gedurende die somer kan afkoel. Die kombuis is ten volle toegerus met eetgery, 'n stoof, oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die ATELJEE/woonstel is geskik vir 2 gaste en het 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis met 'n skottelgoedwasser wat na die leefarea lei. 'n Koninggrootte-bed is beskikbaar en n uitklapbank. Hierdie eenheid het 'n privaat jacuzzi. Die jacuzzi-pomp sal afgeskakel wees tussen 19:00 en 09:00. Indien dit bewolk is vir aaneenlopende dae en Eskom is meer af as aan dan sal die solar battery sukkel sodat die jacuzzi nie vir dan verhit kan word nie. Voorkeur word dan gegee aan die lugversorger, kombuis toebehore en ligte.

Doendinge in die omgewing sluit in wildritte, wildbesigtiging, voëlkyk, 4x4-roetes in die omgewing. Gaste kan langs die grens van die Krugerwildtuin stap of fietsry. Krokodilbrug is ongeveer 20 minute se ry vanaf die eiendom en is die naaste ingang na die Krugerwildtuin.

Daar is 2 klein winkelsentrums en baie restaurante, sowel as 2 swembaddens in Marloth Park vir die publiek, ongeveer 3 km vanaf die eiendom. Die een (Atlantis) het 'n waterpark met swembaddens, glybane en putt-putt slegs.

So naby die Kruger dat jy dikwils die leeus of die hyenas kan hoor.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Mariette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 49

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 1538 Volstruis Street, Marloth Park, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Marloth Wild Fig het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 2)
Bespreek

1538 Volstruis Street, Marloth Park, Marloth Park, 1321, Mpumalanga

Sien kaart
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5be3418092c2bf37d20d5bf4f4cdba0b8970a991e497a8012ec188df4eeaeb956c45edc82e72a8a6b3c3a245aa53875310ce?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 28 5 1 5 1538 Volstruis Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -25.350821416278 31.758826909227

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang