Moeg Geploeg Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seaview-weg 1, Sunwich Port, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
- Vanaf R700 per nag, vir 3 mense
Beskrywing
Moeg Geploeg Lodge is 'n selfsorg-eenheid in Sunwich Port, 14 km vanaf Port Shepstone, 200 m van Sunwich Port se strand af, 2 km vanaf Southport-blouvlagstrand en stapafstand vanaf 4 gewilde restaurante. Die Polisiestasie is in dieselfde straat 200 m ver.
Dié ateljee-lodge beskik oor 'n slaaparea, kombuis, 'n en- suite-badkamer en 'n aparte gaste-toilet. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed met 'n elektriese kombers vir daardie die koue aande. 'n Platskerm-TV met eie DStv-kanale en 'n DVD-speler is beskikbaar.. Die lodge het lugversorging in die slaaparea en ook n olie verwarmer. Die kombuis het 'n oondjie met 'n tweeplaat-gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, breekware, kook- en eetgerei en 1 tafel met 4 stoele. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die woonstel lei na 'n groot kuierarea met 'n ingeboude braai, etenstafel met sitplek vir 6, veerpyltjiebord en leesstof. Die kuierarea het sy eie toilet. Daar is ook 2 enkel beddens. Daar is ook 'n yskas met yskoue boetiekbier en ander drankies. Die lodge brou sy eie bier. Slegs uitvoer-wyne is op versoek beskikbaar. Daar is ook gratis onbeperkte WiFi en veilige onderdakparkeerplek. Hout vir die kaggel en buitebraai is gratis. Die lodge voorsien sy eie water en elektrisiteit.
Die perseel word 24 uur deur geslotekringtelevisie en 'n sekuriteitsfirma beveilig. Buite die lodge is 'n groot vlekvrye-staalblad om vis op skoon te maak. Die lodge het sy eie water op die perseel en is nie van munisipale watervoorsiening afhanklik nie. Indien kragtoevoer onderbreek word is daar 12volt LED-ligte wat net by 'n skakelaar aangesit moet word. Onderdakparkeerplek agter 'n geslote hek is beskikbaar.
Moeg Geploeg Lodge is 30 km vanaf Oribi Gorge en Elandmeer, en 10 km vanaf Hibberdene en 30 km van Margate. Daar is 5 top gholfbane binne 'n 40 km-radius vanaf die lodge.
Die verblyf is troeteldiervriendelik, maar groot honde word nie toegelaat nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Charlie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 9
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Seaview-weg 1, Sunwich Port, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Moeg Geploeg Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Sunwich Port Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seaview-weg 1, Sunwich Port, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang