Môrestêr Selfsorg Gastehuis
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Smitstraat 152, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
- Vanaf R1 750 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Môrestêr is ‘n pragtige ou Karoo dorpshuis en uitstekend geleë in die hartjie van Vosburg, Kwêla Dorp van die Jaar Noord- Kaap Wenner 2024!
Die huis beskik oor SONKRAG, gratis WiFi en verskaf gratis hout vir die braaiplek op die stoep wat uitkyk oor ‘n mooi vetplanttuin. Die parkeerarea is baie ruim, het kamera’s en is goed verlig.
Vir privaatheid word elke nag net een bespreking geneem. Daar is 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 persone. Die hoofslaapkamer met lugversorging het 'n koningingrootte-bed met elektriese kombers. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed met elektriese kombers. Die derde slaapkamer het ‘n driekwart- plus ‘n enkelbed. Gaste deel 'n badkamer met 'n groot instap-stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien, in die winter ook lekker flennielakens.
Die oopplan-kombuis het 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas, alle eetgerei en breekware. Daar is altyd beskuit en genoeg tee/koffie/moerkoffie/suiker en ‘n liter melk.
Ander geriewe sluit 'n sitarea met 'n gemaklike sitkamerstel, asook lugversorging en 'n TV met DSTV toegerus.
Môrester is binne kort stapafstand van een van die land se mooiste kerkgeboue, die Kontrei Museum, koffiewinkels en Botaniese Veldtuin.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Sekretariële Geriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 64
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Smitstraat 152, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
- Gaste dink Môrestêr Selfsorg Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vosburg Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Smitstraat 152, Vosburg, 8780, Noord-Kaap